Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Willem de Klerk. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Willem de Klerk. Wys alle plasings

21.9.16

Nuwe naam vir Perskor-gebou maak nie sin nie

PIET EBERSÖHN skryf: Dis nou seker nie wat die Universiteit van Johannesburg wil verneem nie, maar die belaglike “hernoeming” van die ou Perskorgebou laat my sommer in my pap stik.

As hulle soveel in die geskiedenis van die gebou belanggestel het, sou hulle geweet het dat Willem de Klerk, Dirk Richard en Harald Pakendorf UIT DIE GEBOU UIT voorvegters vir die huidige bedeling was. Dis geen geheim nie en is wyd gepubliseer.

4.1.13

Julle sal my tent tussen sterre in die Melkweg sien staan


"Wat sal ek van my lewe sê? Dit was regtig vir my sinvol en bevredigend. My beroepe, my gesinne. Al het ek ‘n tendens tot donker emosies in my gehad, was ek tog gelukkig. En baie geseënd ook. Ek het nie gely onder gebrek nie. Ek het boorde vol liefde ontvang.”

Willem de Klerk skryf in sy “Groetebrief” wat by sy begrafnis voorgelees is dat hy “nie anders wou gelewe het nie.”

21.12.12

Alles is NIE Noodwendig Reg of Verkeerd nie



Meegaande is die voorlaaste aflewering van dié reeks.  
Die laaste een verskyn op 4 Januarie 2012.

Vervelige mense sonder skakering was die dood vir hom. Relatiwisme - die erkenning van versoenbare paradokse – het 'n kernrol in sy lewe gespeel. Alles is nie noodwendig reg nie. Alles is nie noodwendig verkeerd nie. 'n Mens koop nie 'n idee op sigwaarde nie, maar haal eers die dele uitmekaar om te sien hoe dit inmekaar gesit is.

Willem de Klerk was in ruime mate die meester van relatiwisme. Paradokse wat skynbare teenstrydighede is. In die proses het hy altyd twee kante van 'n saak raakgesien, albei na waarde geskat, geweeg en dan 'n ewewigtige besluit geneem. Dit het uiteraard tot ongewildheid by verstrakte, sogenaamde “beginselvaste” politici en kerklui gelei.

14.12.12

'n Vrou wil eroties raakgesien word


“As ek aan my baie-naby ouderdom dink (en ek het abnormale angs daarvoor) is die kernding wat my aan die keel gryp die liggaamlike aftakeling. In my geval die verlies van die identiteit van mooi-wees.” Oor die vrou skryf hy: “Haar lippe en oë, swaai van die lyf, reukwater en juwele, is uitlokkend, selfs koketterig. Sy wil eroties raakgesien word, selfs in die kyk van die oë.

7.12.12

Makabere, groteske monsters doem op in doodstryd


“Dit maal in my kop dat walg, ellende, verrotting, lyding die uitgemete deel is en dat ek deel daarvan is en dat lewe hel is – groen hel, nie rooi nie. Dis soos 'n gevoel dat ek nou die insig gekry het dat ontbinding die lot is en ekself met die mensheid daarin versmelt,” was een van Willem de Klerk se waarnemings gedurende siekte wat hom letterlik by die dood laat omdraai het.

30.11.12

"Ek is nie 'n sakeman se gat nie"


Die stigting van 'n maatskappy saam met twee vennote waarin Willem de Klerk groot skade gely het, het vir hom gewys “ek is nie ’n sakeman se gat nie”, skryf hy in sy “Opruiming”.

In die tyd tussen sy vertrek van Die Transvaler en sy aanstelling by Rapport het Willem de Klerk saam met twee vennote dié maatskappy gestig. “Dit was van die begin af 'n ramp en ek dink ek is gruwelik verneuk,” sê Willem.

23.11.12

‘n Seer les oor objektiwiteit


Willem de Klerk het as redakteur van Rapport ‘n groot, maar uiters pynlike, toets geslaag toe hy ‘n besluit moes neem oor of negatiewe nuus oor ‘n vriend en weldoener, Louis Luyt, geplaas moes word aldan nie.Sy keuse het gemaak dat Luyt hom gebel “en amper met ‘n snik gevloek” het.

16.11.12

Willem se “et tu Brute”-oomblik met FW


Willem de Klerk se tyd by Rapport – van 1 April 1983 tot 7 Maart 1987 – het enersyds vir hom groot vreugde as 'n ryper redakteur gebring met verdere groei in verligte politiek. Andersyds was daar “die pad van neergang met PW Botha en die Nasionale Pers”, wat tot sy bedanking gelei het – 'n stap wat deur sy broer, FW, met 'n hupstoot van Naspers se Ton Vosloo, verhaas is.

9.11.12

‘Waaragtig – Waterberg vra my as LV!’



“En toe vra Waterberg (die verkrampte nes) van alle plekke my om in ‘n tussenverkiesing teen Andries Treurnicht te staan,” skryf Willem de Klerk vroeg in 1983. Hy het “nee” gesê, maar dit is allerweë vertolk as die finale oorwinning van verligtheid teen verkramptheid.

Willem de Klerk se lewe het in ruime mate gegaan oor die aftakeling van verkramptheid en die bevordering van verligtheid.

2.11.12

Bisarre liefde tussen Jooste en De Klerk


Hoe gebeur dit dat twee mense wat mekaar op 'n bisarre manier liefgehad het – Marius Jooste en Willem de Klerk – mekaar uiteindelik in woede totaal wil vernietig? Dit is die vraag wat in die verhouding tussen persbaas en koerantredakteur voorop staan.

”My sekuriteit en posisie is weg. My status en aansien het ek behou. Ons sal maar sien hoe dinge ontwikkel – ek slinger tussen hoop en pessimisme,” het Willem de Klerk op 29 Augustus 1982 geskryf toe hy finaal uit Perskor en Die Transvaler gestap het.

26.10.12

Jooste is nie ’n god nie


“U is sterk, maar u is nie ’n god nie, en daarom is ek nie bang nie,” het Willem de Klerk in ’n brief aan Marius Jooste geskryf. Dit was tekenend van die verhouding wat daar tussen die twee sterk persoonlikhede was wat ook tot De Klerk se einde as hoofredakteur van Die Transvaler en mede-besturende direkteur van Perskor gelei het.

19.10.12

Willem de Klerk se eerste treë as redakteur


Terwyl Willem de Klerk nog die aanbod om hoofredakteur van Die Transvaler te word, oorweeg het, “het mnr Marius Jooste my laat roep en voor ek nog amptelik ja gesê het, is daar foto’s geneem, die redaksie saamgeroep, drankies geskink en is dit aangekondig dat ek die nuwe hoofredakteur is. Die redaksie was geskok, want dit was soos ’n slag uit die bloue hemel.”

Dit moes seker vir die akademikus ’n reusesprong gewees het toe hy op 1 Julie 1973 “met ’n geklap van vlerke” as hoofredakteur van Die Transvaler ingeval het.

12.10.12

Willem de Klerk word genooi om Beeld te Lei



Min mense weet dit, maar Willem de Klerk, was voor sy aanstelling as hoofredakteur van Die Transvaler in “verkennende gesprekke” met Nasionale Pers betrokke. Hy is ook in 1975, toe hy hoofredakteur van Die Transvaler was, deur Lang David de Villiers van Naspers die redakteurskap van Beeld aangebied, maar hy het dit summier van die hand gewys, skryf Andries Botha.

Willem de Klerk het bykans 20 jaar ná sy aanstelling as hoofredakteur gewag om “die enkele traumatiese ervaring van my lewe” op te teken om sy emosies te laat bedaar “en ek met perspektief kan skrywe”.