Wys tans plasings met die etiket Gert le Roux. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Gert le Roux. Wys alle plasings
10.9.13
Gert se omgee atlete se hardekool
INA VAN RENSBURG, Oudspringbokatleet en gewese atletiekmedewerker van Metro, skryf: Atletiekmense het gekom en gegaan, maar die groot gees, oom Gert le Roux, was maar altyd daar – in dekades se statistiekboekies, waarvan hy die meesterbrein was. Atletiek en die media is vandag baie armer, want hy was ‘n lewende atletiek-internet.
26.8.13
Voortreflike en beminde Gert se spore sal nooit toewaai nie
Die gewese Voortrekkerpers- en Dagbreekpersjoernalis, GERT LE ROUX, wat onlangs op 78 in Pretoria aan hart- en longmoeilikheid oorlede is, het as administrateur, statistikus en joernalis diep spore in Suid-Afrikaanse atletiek getrap.Ná sy universiteitsopleiding aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat het hy in 1956 by die destydse SA Uitsaaikorporasie in diens getree.
Hy was van 1959 tot 1962 lid van die sportredaksie van Die Transvaler in Braamfontein. Hy is daarna na Dagbreek en Sondagnuus in Doornfontein en later in Aucklandpark. Dié koerant het later met Landstem saamgesmelt om Dagbreek en Landstem te word.
19.8.13
Sportskrywer Gert le Roux oorlede
GERT LE ROUX (78), oud-sportjoernalis van onder meer Die Transvaler, Die Vaderland en die Sondagkoerant Dagbreek is Saterdag in ’n Pretoriase hospitaal oorlede. Hy het hart- en longprobleme gehad.Gert was van 1971 21 jaar lank sekretaris van die eertydse Suid-Afrikaanse Amateuratletiekfederasie (SAAAU) en was meer as 50 jaar betrokke was by die uitgee van die Suid-Afrikaanse atletiekjaarboek.
20.7.12
Dok Craven sorg vir twee wonderlike "scoops"
Rugby het aanvanklik ’n veel belangriker rol gespeel in die sowat tien jaar wat Johannesburg my basis was en ek het groot oomblike beleef. Ek was bevoorreg om talle van die Springbokke se rugbytoetse uit vele
In Dana se dampkring
GERT LE ROUX, later sportredakteur van Dagbreek en Landstem, vertel dat toe hy in 1959 by Die Transvaler se sportredaksie ingeval het, was Dana Niehaus nog die sportredakteur. Hy het egter reeds bedank om ’n pos in Landbouweekblad se advertensieafdeling te aanvaar.Die enigste ander lid van DT se sportredaksie was wyle Hennie Viljoen, wat ook nie juis lank voor my daar aangestel is nie.
Teken in op:
Plasings (Atom)
