CARLA VAN DER SPUY skryf: EK leef darem nog!
Piet Ebersöhn het my gevra om iets oor my doen en late vir die K'rant te skryf.
Dis nogal vreemd, want as ʼn joernalis – nou al 27 jaar as vryskut– is ʼn mens gewoond daaraan om ander mense te ondervra.
Die feit dat ek nie ʼn pensioen het nie, is eintlik “’n blessing in disguise”. Jammer vir die Brits!
Want nou moet ek werk en die werk bly stimulerend.
Ek is verantwoordelik vir rooi rose, watgenadiglik herleef het, se boekeblad en musiekblad.
Ek geniet die boekeblad baie meer, want daar is min boeke wat deur groot uitgewers uitgegee word, wat nie die moeite werd is nie.





