Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Jaap Swanepoel. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Jaap Swanepoel. Wys alle plasings

2.7.13

Jaap help ’n boemelaar rehabiliteer

PIERRE COETZEE het in Oktober 1972 in Perskorhaan vertel van ‘n tipiese Jaap Swanepoel-storie in Die Vaderland. Die storie se aanloop is ietwat geredigeer:

"Hierdie storie is nog beter as my eerste storie oor Johannesburg se boemelaars. Ek het nou die hoofboemelaar ontdek, met die weligste
baard.

Hy was op sy dag 'n groot kokkedoor. Hoofkok op die Bloutrein. Kok in die Parlementshuis."

20.2.13

Dié slag was Jaap minder gemoedelik

PIET EBERSöHN skryf: Thys Human se storie (klik HIER), herinner my wel ‘n geval waar wyle Jaap Swanepoel minder gemoedelik was.

TV was in sy kinderskoene en Haas Das se Nuuskas was ‘n belowende nuwe program uit eie haard.Met sy slag om ‘n humoristiese storie te skryf, was Jaap die aangewese man om Diereland se spog-nuusprogram aan die volk van Suid-Afrika bekend te stel.

26.11.12

‘Passengers had been dead for several hours before plane went down’

Exclusive

Forthcoming book about Helderberg crash keenly anticipated

Ex-Perskor journalist Jaap Swanepoel and his wife, Isabel, died in the mysterious Helderberg plane crash on 28 November 1987 – Wednesday exactly 25 years ago.

When this was recalled in K’rant recently (click HERE) it reminded Philip Deetlefs that NORMAN CHANDLER*, husband of honorary Perskorhaan Marinda, is writing a book on the topic, having covered it extensively for The Star. Philip persuaded Norman to give the readers of K’rant a sneak preview of the contents of the keenly awaited book scheduled to be published by Easter 2013. 

Here is an extract from the book.

14.11.12

Koel, kalm Jaap leer wag 'n les

PIET ROOS skryf: Een Saterdagoggend werk ons in Aucklandpark, Johannesburg, die koerant is af en ons kyk vir mekaar. Wyle Jaap Swanepoel sê ons gaan rugby kyk op Ellispark en daar gaan ons.

Hy ry in so 'n roomkleurige Mercedes en ek sit agter, nog twee manne gaan ook saam.

Net so links van die hoofhek is daar 'n hek met 'n wag en Jaap ry deur. Die wag probeer hom stop en skree, maar Jaap ry aan. Die wag hardloop saam en skree, maar Jaap ry aan. Toe slaan die wag met die plat hand op die kar se dak.

1.11.12

Opgeruimde Jaap was een van die beste

THYS HUMAN skryf: Daardie foto wat K’rant van Jaap Swanepoel geplaas het, is sprekend van hoe hy was – altyd opgeruimd en opgewek, altyd met 'n glimlag en 'n grappie.

Kan nie onthou dat ek hom ooit bedruk en beswaard gesien het nie – nie eens as ons perde verloor het nie. Ja, hy het – soos ek – daarvan gehou om af en toe 'n rand of twee op 'n perd te sit, maar ons was nie wilde, onbeteulde dobbelaars nie. Ons het bv. gou agtergekom dat die Engelse spreekwoord "where there's a tip, there's a tap" baie waar is.

23.10.12

Legende Jaap se seun in Londen wil oor sy pa weet

WESSEL OOSTHUIZEN, een van die land se mees ervare en gerekende fotojoernaliste, het so 'n bietjie in sy geheue rondgekrap en met die volgende vorendag gekom: Iewers in 1974 land die rugbylegende Willie John McBride en sy Britse Leeus vroeg een oggend op die destyde Lughawe Jan Smuts.

Die inleidingsparagraaf van ‘n berig in Die Vaderland deur oud-