Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

30.4.14

Storie toe nie ´n storie, maar heerlik!

PIET ROOS skryf: Ek en Marieta was pas getroud toe die opstand in Mosambiek homself uitgewoed het. Die Portugese het opgepak en is terug Portugal en Madeira toe. Baie het net alles gelos en gesê: "Bom dia - Call it a day!"

Ek en Solly van Staden is Komatiepoort toe gestuur. Daar was gerugte dat ons vlugtende Portugese by die grenspos gaan kry en groot stories

29.4.14

Nog reünie foto's

K´rant het met die komplimente van Gerhard Burger ´n klompie prag-foto´s van die onlangse reunie gekry wat André Bester geneem het.

Dankie André en Gerhard!

Kyk self of jy jou oud-kollegas se name ken.

25.4.14

Ná 'n halfeeu bly joernalistiek 'n lekkerte!

JOHAN PRETORIUS onthou: My koerantloopbaan het op 1 Augustus 1966 as papierskeurder by Die Transvaler begin. Ses maande lank teleksmasjiene versorg, vir die hoofsub koffie aangedra, pos by die lughawe afgehaal en die hoofredakteur huis toe geneem. Toe kry ek bevordering in 1967 as subredakteur in die nagkantoor. Daarna misdaadverslaggewer, ook in die nagkantoor, en later algemene verslaggewer.

24.4.14

Meyerton-busramp – mevrou Lotter se storie

ELMA POTGIETER, gewese joernalis van Die Transvaler en deesdae aktrise, skrywer en vertaler, skryf: Beelde, indrukke, is my onthou van daardie dag.

Ons was almal bo in die kafeteria. Party met borde kos voor hulle, party met koffie of tee. Ek het by ‘n venster gestaan, met iets in my hand – dalk ‘n beker tee. Die venster het noord uitgekyk oor

Só onthou ek vir Jan Syfert

 FRIKKIE VAN DER WALT skryf oor Jan Syfert wat dié week oorlede is: Ek het Jan Syfert, gewese hoofsubredakteur van Dagbreek, geleer ken toe ek en Willem Knoetze beurte gemaak het om Saterdae vryskut by destyds se grootste Afrikaanse Sondagblad in die wêreld te werk.

Doug Jones het die twee van ons eintlik maar net gebruik om te hoor

23.4.14

Die lekkerste werk in my hele lewe

KARIN PRETORIUS skryf: By my terugkeer na Pretoria in Julie 1982, ná my jare in Rhodesië, het ek by Rapport aansoek gedoen om werk, asook om ‘n skakelpos by Tukkies.

‘n Universiteitsvriendin, Bettie Hough wat Adenia Eiendomme by Verwoerdburg besit het, het egter

† Jan Syfert oorlede

JAN SYFERT, ‘n gewese hoofsubredakteur van Dagbreek en lank ‘n joernalis by Die Vaderland in Aucklandpark, is gisteroggend vroeg (22 April) oorlede, het Hans Lombard laat weet. Hy is ‘n hele paar jaar gelede met kanker gediagnoseer.

22.4.14

Fotodag 26: Reünie, 2014

Piet Pille was daar en Jacques Bosch, Hannes de Wet, Carla, Harald, Herman, Hans, Gert van Tonder, Koos Botha en Frikkie, Jakkie en Marie, Joe, Alita, Piet Ebersöhn, Somarie, Foeta, De Wet, Raymond, Carénè en nog 'n klomp ander.

Die geleentheid was  vanjaar se saamtrek van oudwerknemers van Perskor en sy voorgangers op Sondag, 30 Maart 2014 by 'n restaurant in Wilgeheuwel, Johannesburg. 'n Vorige storie van Peet Simonis oor die byeenkoms is HIER.

17.4.14

Opgewonde suster verklap toe scoop

RIKA VAN GRAAN skryf: Vroegaand bel ‘n Oos-Randse ambulansman. ‘n Jong spoorwegpolisieman het homself in die kop geskiet omdat sy meisie hom afgesê het. Hy is op masjiene in die hospitaal. Ek het sy naam by hulle gekry en die storie begin opvolg.

By sy spoorweghostel het ek van sy vriende opgespoor en die agtergrond van die gebeure gekry. Toe bel ek die hospitaal en die saal

16.4.14

Avonture in die Rhodesiese bosoorlog

KARIN PRETORIUS skryf: Ná my dae as skakelbeampte van Ster Films het tydskrifwerk gevolg en ek is in begin 1977 in die redaksie van Radio & TV Dagboek aangestel met Corrie Venter as redakteur. Wat ‘n wonderlike fiksieskrywer. Ek wonder wat van hom geword het? (Nadat hy ook redakteur van Farmer’s Weekly was, is Corrie ‘n hele paar jaar gelede oorlede. – Red.)

Tant Bybie Hyman het my kort-kort ingespan vir Rooi Rose-artikels en ek het selfs vir my buurman op kantoor, Paul C Venter, ‘n paar artikels vir Keur geskryf. Dit het my die kans gegun om waardevolle ondervinding by verskillende soorte tydskrifte op te doen.

15.4.14

Ope Vraag Nr 5: Is dit in openbare belang?

Vandeesweek se vraag is: Is die mediablootstelling wat die Oscar Pistorius-saak kry (wêreldwyd) in die openbare belang of is dit bloot om sirkulasiesyfers op te jaag? Motiveer asseblief.

Verlede week se Ope Vraag was: Het die gehalte van joernalistiek verander sedert die dae toe ek daarby betrokke was?

14.4.14

Fotodag 25: Daar was 40 000 doopouers!

Eerste uitgawe:
1 November 1972
http://www.youtube.com/watch?v=X-oAPZV9A5g
Laaste uitgawe:
19 Februarie 1983
Perskor gaan die lewe skenk aan 'n nuwe baba. "Ginekoloë" voorspel met sekerheid dat hy op 1 November met 'n harde skreegeluid in Pretoria sy verskyning gaan maak.

Die bestuur het 'n wedstryd uitgeskryf om aan ons jongste suigeling 'n gepaste naam te gee. Meer as veertig

11.4.14

Moenie ’n skut op die grootte van sy skietding takseer nie

FRIKKIE VAN DER WALT skryf: In die jare tagtig toe die terreurstryd van plase na stede se kroeë en kerke deurgesypel het, het al wat leef en beef vuurwapens vir selfverdediging gekoop. Aanvanklik het ‘n mens ‘n wye keuse tussen pistole, rewolwers en gewere gehad. Namate terreuraanvalle toegeneem het, het wapenwinkels se voorraad opgedroog en moes ‘n mens vat wat beskikbaar was. Nog later is jou naam op ‘n lys geplaas. En met elke aanval of ontploffing het die lys

10.4.14

K’rant is ‘n spanpoging

PIET EBERSÓHN skryf: Toe ek Japie se bewierookte storie oor my onttrekking aan die K’rantredaksie lees, moes ek myself ‘n slaggie knyp net om seker te maak ek is nog in die lewe. Maar voor ek ‘n geswolle hoof kry, moet ek uitwys dat K’rant uit die staanspoor ‘n spanpoging was en dat die sleutel van sukses in die saamtrek in die tuig lê. Dis wat die wa vorentoe gevat het, en wat dit vorentoe sal bly vat.

9.4.14

Oor Trafalgarplein tot by Die Transvaler

KARIN PRETORIUS skryf: My aanstelling by Die Transvaler in 1970 het via Londen by Suid-Afrika-huis op Trafalgarplein het gekom waar ek mnr en mev Carl Nöffke in 1968 tydens ‘n geselligheid ontmoet het. Carl Nöffke was toe die SAUK se verteenwoordiger in die Britse hoofstad, terwyl ek een van drie meisies was wat as ‘n ‘Outspan Girl’ vir die SA Sitrusraad gekies is om lemoene

8.4.14

Ope Vraag 4: het joernalistiek verbeter?

So stadigaan begin die antwoorde op die weeklikse Ope Vraag minder van 'n vraagstuk te word en kry ons lekker antwoorde in. Baie dankie aan al die antwoorders!

Hierdie week se vraag: Het die joernalistiek gehaltegewys verbeter sedert jou Perskor-dae? Motiveer asb jou antwoord. 

Verlede week se vraag om K'rant se gesondheid te diagnoseer het reaksie van onder meer twee mooi vroue ontlok:

7.4.14

Piet verlaat ons. Dankie, Piet

PIET EBERSÖHN, die man aan die stuur van K’rant, het die tuig neergelê. Ander verpligtinge het dit meegebring.

K’rant is baie dank aan Piet verskuldig en bied hom sy beste wense met die projekte wat hy moet aanpak.

Sedert K’rant in sy huidige formaat as webjoernaal amper twee jaar gelede begin is, was Piet die baas. Vóór dit het hy eposse oor Perskor se oud-kollegas uitgestuur.

4.4.14

Sarel was ʼn steunpilaar in baie opsigte

JOHANN RAATH, gewese advertensieman by Perskor, skryf: Sarel/Jerry/Sny/Snysels  -- soveel name, maar almal se pel!

Ek en Sarel Snyman ken mekaar van 1977 af toe hy by Perskor begin werk het.

Hy het saam met oom Piet de Witt ‘n kantoor gedeel. Ek en Sarel
het gou pelle geraak omdat hy soos ek mal was or sport en sports! Saam rugby, krieket, gholf, visvang ens, ens, gedeel en gedoen.

3.4.14

Die Ope Vraag nr 3: Wat is jou mening van K'rant?

PHILIP DEETLEFS skryf: Hierdie hoofstuk van die Ope Vraag se vraag is sommer gemik op navorsing en om die koorspen bietjie in eie boesem te steek om te sien hoe gesond sake by K'rant werklik is. Ons sal julle diagnose erg waardeer en die leiding ter harte neem.

Vandag se vraag is: Wat is jou mening van K'rant? Wat sou jy in K'rant verander, sê hoe en waarmee, maw wat sou jy nog graag in K'rant wou sien?

2.4.14

Oudgediendes hou bielie van reünie


PEET SIMONIS skryf: Dit was weer 'n bielie van ‘n reünie – 30 Maart 2014 by die Cattle Baron, Johannesburg.

ʼn Eerste was dat daar vanjaar ‘n spreker was – dr Pieter Mulder, die adjunk-minister van landbou. Hy het nie die Vryheidsfront Plus-hoed opgesit nie – eerder vanuit sy eerstehandse kennis van koerante en die

1.4.14

Dis Perskor se skuld: al hierdie miljoene vensterkoevertjies!

JOAN KRUGER het 43 jaar gelede, toe baie van ons nog baie skuld gehad het, geskryf: Blameer Perskor vir die oes aan vensterkoevertjies wat u elke maand in u posbus kry. Gee Perskor maar ronduit die skuld, want dit is niemand anders nie as Perskor wat vir die druk van miljoene vensterkoeverte verantwoordelik is.