Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Thys Human. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Thys Human. Wys alle plasings

1.11.12

Opgeruimde Jaap was een van die beste

THYS HUMAN skryf: Daardie foto wat K’rant van Jaap Swanepoel geplaas het, is sprekend van hoe hy was – altyd opgeruimd en opgewek, altyd met 'n glimlag en 'n grappie.

Kan nie onthou dat ek hom ooit bedruk en beswaard gesien het nie – nie eens as ons perde verloor het nie. Ja, hy het – soos ek – daarvan gehou om af en toe 'n rand of twee op 'n perd te sit, maar ons was nie wilde, onbeteulde dobbelaars nie. Ons het bv. gou agtergekom dat die Engelse spreekwoord "where there's a tip, there's a tap" baie waar is.

30.7.12

Net so!

Thys Human skryf: Dankie, Andries, vir daardie pragtige skets van Oom Angel. En ook vir nou die dag s'n oor PW wat so flagrant lieg. Dit is presies hoe ek albei van hulle sal onthou!

25.7.12

Die verslaggewer wat nie anders Connie


THYS HUMAN skryf: vertel Con was ’n knap misdaadverslaggewer by Die Vaderland iewers in die jare sestig. Hy was egter ook, soos die meeste, lief om ’n doppie of wat te maak.

Hy is toe aangesê om ’n storie te gaan dek van iemand wat ’n doktorsgraad van Wits ontvang het oor ’n studie van prostitusie in Johannesburg.

9.7.12

Só sal ek Marius Jooste onthou

THYS HUMAN skryf: Ons weet almal dat Marius Jooste een van die merkwaardigste mense in die Afrikaanse koerantwese was, maar ook ʼn omstrede figuur, want daar was diegene wat groot bewondering vir hom gehad het en andere wat baie min ooghare vir hom gehad het.

Persoonlik sal ek egter onthou dat hy binne enkele jare minstens vier keer agter my gestaan en vir my kant gekies het in berigte of meningsartikels

Bewaarplek vir laaste uitgawes gesoek

Thys Human vra: IS daar êrens iets of iemand wat as ’n soort argief dien? Ek sit met die laaste uitgawe van Dagbreek en Sondagnuus en van Oggendblad.

Ek is besig om bietjie opruimingswerk te doen sodat daar bitter min van die goed oor sal wees as ek terugkeer na die heerlike niks waar ek miljoene jare voor my geboorte was!

’n Mens wil die goed nie sommer weggooi nie.

19.6.12

Baie spesiale uitgawe van Die Transvaler in 1956

Thys Human en sy vrou, Kewpie.
THYS HUMAN, die laaste redakteur van Oggendblad, skryf: TOE ek op 2 Januarie 1956 by Die Transvaler begin werk het, was daar op die redaksie mense van naam en faam wat toe reeds diep spore in die joernalistiek getrap het. Hermie Hendriks sal van hulle en hulle voorgangers nog beter onthou, maar miskien is ek die laaste een na hom wat nog daardie tye beleef het.

28.5.12

Genadiglik soms andersom

Thys Human skryf: DIE dag toe ek sien ek het darem 'n BA-graad op die Puk gekry, bel ek Die Transvaler toe en vra of ek aansoek kan doen vir 'n „job".

Ene Fritz Potgieter sê ek moet maar dadelik inkom. Ek klim vinnig op Potch op ’n trein en nog dieselfde middag stap ek by sy kantoor in. Hy was toe nuusredakteur (en bekend dat hy die lug blou kon vloek as hy die duiwel in

7.5.12

Thys Human vertel van die perdeskrywer

THYS HUMAN het in Jannie Kruger se redakteursdae as verslaggewer by Die Transvaler begin werk.  In 1959 is Thys na Die Vaderland om hom net die volgende jaar in die skakelwese te begewe.

In 1966 was hy terug by Die Vaderland en het drie jaar later Dagbreek en Sondagnuus se parlementêre beriggewer en toe politieke korrespondent geword.