SIPKE DE VRIES skryf: Ek is vreeslik jammer om te hoor van Gert se afsterwe. Ek het 'n rukkie gelede nog met hom en sy vrou Marie gesels. Dit het toe nog goed gegaan met hulle. Gert Hattingh was in 1963 my eerste "baas" as hooffotograaf van Die Transvaler. Ek het pas uit Nederland hier aangekom en dit was my eerste werk in Suid-Afrika. Gert het my die fynere kunsies van die persfotograafwerk geleer.



