HEINRICH
SCHULZE skryf: BELOFTES maak skuld. Karin Pretorius het my reeds knap ná die
Covid-19-pandemie aangepor/aangespreek om iets oor my dae as “Perskorwerknemer”
vir K’rant te skryf.
Vandag poog ek om my skuld te vereffen.
Ek was in 1977 ʼn Perskorwerknemer. Alhoewel nie een van julle my geken het nie, het ek julle en die Perskorkoerante goed geken.