Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

8.6.12

Vrugtelose sending

PIET EBERSÖHN skryf: Wyle Mike van Niekerk het dié een jare gelede vertel. Jan Hoeksema (eweneens saliger) was in die jare sewentig Die Vaderland en later Die Transvaler se hofverslaggewer belas met die hooggeregshowe. Op ’n dag is hy in die Pretoriase Hooggeregshof om die een of ander sensasionele hofsaak te dek.

Toe die dag se verrigtinge verby is, word ’n drywer (askies, oom Engel, maar ’n paar geslagte joernaliste sal nie verstaan as ons sê motorbestuurder nie) uit Johannesburg gestuur om hom te gaan haal. ’n Uur of wat later is die man onverrigtersake terug in Doornfontein. „Nee, meneer, ek kry nie die oumiesies nie.”

• Dié storie was ook ‘n gunsteling-vertelling van André Verster van Die Vaderland.