Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

Wys tans plasings met die etiket Piet Roodt. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Piet Roodt. Wys alle plasings

14.3.14

Dertien lewens had land (en wêreld) aan die gons

PIET ROODT skryf: Ek herinner my aan ʼn storie wat nogal baie interesant was, maar name en datums kan ek nie meer onthou nie.

Dit was van ʼn jong meise – in haar tienerjare wat in Capitalpark in Pretoria gewoon het. Sy’t beweer sy het dertien vorige lewens gehad – uiteenlopend van 'n Egiptiese prinses tot ʼn plattelandse meisie in Engeland en iemand wat in Griekeland gewoon het.

19.2.14

Maar die verkeersman verseg om te skryf

PIET ROODT skryf: Ek lees Piet Ebersöhn se storie oor Oggendblad se vrot karre. Die Transvaler se vloot was ook maar vodde. Ek en Jannie Herbst is eendag Ermelo toe gestuur vir ʼn storie en ons ry in daglig. Met die terugkom die aand, werk net die Volkswagen se parkeerligte. Ons is woedend oor die toestand van die motor, maar kan nie anders nie as om aan te sukkel in die halfdonkerte.

12.2.14

Uit die perd se bek

PIET ROODT skryf: As 'n mens se gedagtes eers koersvat koerantdae toe sukkel jy om by te hou.

Ek dink skielik aan Marissa van Niekerk, wyle oom Sybrand van Niekerk se dogter, wat ook op ‘n kol by Perskor gewerk het. Wat sou van haar geword het? Ek weet sy was met iemand getroud wat in die ou SA Weermag was en hulle het blykbaar lank in Namibië gewoon.

13.6.13

Maer Engelse had fris Boere verleë

PIET ROODT skryf: Ek is pas by Die Transvaler aangestel toe ek gestuur word om ’n storie te gaan doen oor ’n Engelse toutrekspan wat die land kom besoek het – blykbaar die heel eerste keer.
Om die okkasie te vier, het die organiseerders wyle oom Bull Hefer gevra om ’n paar stoeiers te bring om teen die klein Engelsmannetjies te kom toutrek, sodat ons hulle kan wys ons Boere word nie sonder handskoene aangepak nie.

13.5.13

Vir Nagel was die spotprent toe nie meer snaaks

PIET ROODT skryf: Met dié dat die geheue nie meer so goed is nie, kom sekere herinneringe so stuk-stuk by ’n mens op.

Toe ek die ander dag weer van oom Hermie Hendriks lees, duik dié storie in my geheue op.

Die vragmotorbestuurder se naam sal ek nooit vergeet nie – Nagel. Hy

13.12.12

Nou is daar ook Piet Pitte!

Eers was daar Piet Pille (Roos), die apteker. Nou is daar ook Piet Pitte. PIET ROODT is deesdae 'n geldskieter of uitlener van kleiner bedrae geld as wat die tradisionele instellings soos banke doen. K’rant het hom gevra om meer van hierdie interessante loopbaan te vertel.

Hy skryf: Ons kliente is almal in die laer inkomsteklas en jy moet jou keer ken om nie deur hulle probleme oorweldig te word nie. En dan het hulle

17.9.12

Moenie grap waar dit nie jeuk nie

PIET ROODT skryf: Ek weet nie of Frans, my broer, laat weet het nie. Hy sit op Riebeeck-Kasteel en ek op Vereeniging, albei besig om ons gatte af te sukkel om kop bo water te hou.

Dis met nostalgie dat ek K’rant lees. Soms maak die lewe snaakse draaie. Baie van die ou hande het reeds die ewige met die tydelike verwissel, maar dis goed om darem te hoor almal is nie onder die kluite nie. Ek het nie