Wys tans plasings met die etiket Joe van Buuren. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Joe van Buuren. Wys alle plasings
30.7.14
Woonstelmaats na 40 jaar weer bymekaar
GERT VAN ROOYEN skryf: Ná byna vier dekades is die drie woonstelmaats weer verenig! Ja, dit was voorwaar ʼn reünie in die kleine toe Joe van Buuren (links), Alwyn Strydom (regs) en Gert van Rooyen mekaar by die Perskor-reünie op 31 Maart raakloop. Dit was in die middel jare sewentig toe dié drie besluit het om ʼn woonstel in Bordeaux, Randburg, te betrek. Die woonstelblok was reg langs die Braamfonteinspruit, waar die laaste episodes van die befaamde Transvaler-produksies se Don Spaghetti- en Don Ravioli-film geskiet is, en die drie was natuurlik ook karakters in die film! Later het Danie Malan (wat toe net van Australië af teruggekeer het) ingetrek en mettertyd nog een of twee ander mense so deur die loop van die jaar! Maar, dit was lekker ou dae en aande, waar tequilas met suurlemoen en sout weggesluk is en ‘n hele paar samekomste (tot die ergenis van die ander inwoners) naby Dittonlaan 10, Aucklandpark gehou is.
8.10.13
Hier’s Alwyn en Garies
JOE VAN BUUREN skryf: Ek sien Johann “Essie” Esterhuizen vra waar Alwyn Strydom hom deesdae bevind.Alwyn het met die verloop van tyd die joernalstiek verlaat en hom in die invoer/uitvoer -bedryf gevestig. Hy het intussen die tuig neergelê en woon tans op Kemptonpark.
Andries “Garies” van Zyl het ook in die jongste tyd ‘n paar keer in K’rant gepryk, al het hy nooit by Perskor gewerk nie.
3.10.13
Donkie kos Joe sy baadjie en das
30.7.13
Wel te ruste, Andries
JOE VAN BUUREN skryf: Die gedenkdiens vir Andries Botha is Vrydag 12:00 by die NG Kerk Vergesig in Brixton gehou.Buiten die groot getal gesins- en familielede, was daar ook ‘n stewige afvaardiging van Andries se eertydse kollegas teenwoordig. Onder hulle was Hermie Hendriks, Koos Botha, Sieg van Niekerk, André Scheepers, Piet Ebersöhn, Frik van der Walt en ek.
10.7.13
As die hoogste sport nie vergenoeg nie
26.6.13
Landsake g’n ligtelike kwessie
JOE VAN BUUREN skryf: Ek is in die vroeë tagtigerjare saam met ‘n groot groep mediamense op ‘n besoek aan die sogenaamde aangewese gebiede.Soos Piet Ebersöhn verduidelik, was die aangewese gebiede ‘n strook al met die noordgrens langs waar die destydse regering om veiligheidsredes die ontvolking wou teenwerk met die instelling van
5.6.13
As ‘n ‘fondle’ te warm raak!
16.5.13
… en Abel dril die generaal
JOE VAN BUUREN skryf: So ‘n vinnige herinnering nadat ek Andries se storie oor Abel Jones gelees het. Dit herinner aan die keer toe ek en Abel na die destydse Suidwes-Afrika is om ‘n storie te doen.Ek kan nie mooi onthou waaroor dit gegaan het nie, maar ek meen die Weermag het ‘n groot klomp wapentuig, wat van Swapo gebuit is, aan die media getoon.
12.3.13
Joe se asado, minus die niertjies
JOE VAN BUUREN skryf: Ek het onlangs weer op dié foto afgekom. Frans Scheepeers het dit so ‘n paar jaar gelede per e-pos aan ons almal gestuur.
Dit is in Augustus of September 1978 by Philip Deetlefs se berugte woonstel in Troyeville in Johannesburg geneem. Die geleentheid was my afskeidsgeselligheid voor my vertrek na Perskor se kantoor in Londen.
Dit is in Augustus of September 1978 by Philip Deetlefs se berugte woonstel in Troyeville in Johannesburg geneem. Die geleentheid was my afskeidsgeselligheid voor my vertrek na Perskor se kantoor in Londen.
27.2.13
Roepradio’s, kafees, landlyne en motorfietse – was daar maar selfone!
12.2.13
Wolhaarstorie gee Joe vlerke
JOE VAN BUUREN skryf: Dirk Benadé se storie oor die slenter met betrekking tot Theunie Steyn herinner my aan ‘n soortgelyke voorval waarby ek betrokke was.Ek het in ‘n stadium waargeneem as nuusredakteur by Die Transvaler onderwyl daar na ‘n bevoegde persoon gesoek is. (Willie Buys is toe al derde verdieping toe bevorder, waarskynlik by Perskorburo.)
27.11.12
‘Wat sou ek nie toe vir ‘n selfoon wou gee’
JOE VAN BUUREN skryf: Verskeie kollegas het al geskryf oor hulle ervarings aan die begin van hul loopbane.
Ek het vreeslik gesukkel om die tikmasjien baas te raak, en was heel verbaas om te lees dat Suzelle Fourie dieselfde probleem gehad het. Ek het my verbeel dit was uitsluitlik 'n manskwaal en dat my vroue-kollegas almal tik as vak op skool geloop het.
Ek het vreeslik gesukkel om die tikmasjien baas te raak, en was heel verbaas om te lees dat Suzelle Fourie dieselfde probleem gehad het. Ek het my verbeel dit was uitsluitlik 'n manskwaal en dat my vroue-kollegas almal tik as vak op skool geloop het.
28.9.12
Protter laat Joe rekord op rekord slaan
JOE VAN BUUREN skryf: My kollegas sal waarskynlik die dag in die middel jare sewentig onthou toe David Protter die middestad van Johannesburg op horings geneem het.
Protter het die Israelse konsulaat in Foxstraat, oorkant die Carlton-sentrum, beset en op als wat roer geskiet.
Protter het die Israelse konsulaat in Foxstraat, oorkant die Carlton-sentrum, beset en op als wat roer geskiet.
20.9.12
Sans-base het nie net perslui se tjeks gewissel nie
JOE VAN BUUREN skryf: Die Sans Souci-hotel in Auckland Park was baie jare lank 'n gewilde bymekaaromplek vir Perskor se mense.Daar was ook beroepslui en studente van die Randse Afrikaanse Universiteit, Wits, die Goudstadse Onderwyskollege en die Engelse onderwyskollege in Parktown, ‘n mengelmoes mense wat by die hotel gekuier het.
6.9.12
Sowat van aftrap sou Oom John laat lekkerkry
JOE VAN BUUREN skryf: Op ’n dag in die vroeë jare tagtig het ek, my eks en ons dogter, Tanya, na ’n besoek aan die Suid-Kaap by die destydse Lughawe Jan Smuts aangekom.
Tanya, wat toe maar ’n paar maande oud was, was behoorlik toegewikkel, met die arms styf teen die lyfie toegedraai.
Tanya, wat toe maar ’n paar maande oud was, was behoorlik toegewikkel, met die arms styf teen die lyfie toegedraai.
3.9.12
Onse Kittie was ’n edelvrou van die joernalistiek
28.8.12
Joe vind Peter van die Sans
JOE VAN BUUREN skryf: Diegene wat destyds by die Sans Souci gekuier het, sal die eienaars, Peter en Panos, onthou. Peter het dikwels arm joernaliste se salarstjeks by die hotel gewissel.
Ek het hom nou die dag toevallig raakgeloop. Hy besit en bedryf nou ‘n restaurant in Senderwood in Bedfordview, oos van Johannesburg. Die voorstad spog met ‘n groot Griekse gemeenskap en is ook die tuiste van die Saheti-skool.
Ek het hom nou die dag toevallig raakgeloop. Hy besit en bedryf nou ‘n restaurant in Senderwood in Bedfordview, oos van Johannesburg. Die voorstad spog met ‘n groot Griekse gemeenskap en is ook die tuiste van die Saheti-skool.
27.8.12
Toe sluit vrou se hande om Joe se keel
JOE VAN BUUREN skryf: Ek kan minstens twee voorvalle in my loopbaan as koerantman onthou waartydens die skoner geslag my erg in die verleentheid gestel het, of selfs die skrik op die lyf gejaag het.
Die eerste was toe ek in die vroeë jare sewentig betrokke was by ’n storie oor ’n selfmoordbende in Johannesburg.
Die eerste was toe ek in die vroeë jare sewentig betrokke was by ’n storie oor ’n selfmoordbende in Johannesburg.
3.8.12
Nou is Joe en Amerika kiets
JOE VAN BUUREN skryf: Ná my tyd in 1979 in Perskor se kantoor in Shoe Lane in Londen het ek besluit om op pad huis toe eers ’n draai in Amerika te maak, veral omdat dit goedkoper was om via die Verenigde State van Amerika van Londen af na Suid-Afrika te vlieg as wat dit was om die trippie regstreeks af te lê.20.7.12
Bal en wedstryd weggeskop
Joe van Buuren skryf: Die rugbystories herinner my aan die keer toe Willie Buys en Gert van Rooyen op Markspark in 'n rugbywedstryd gespeel en die bal verdwyn het nadat iemand dit geskop het. Ons het lank na die bal gesoek, maar dit was eenvoudig weg. Ek meen dis waarskynlik die eerste en enigste georganiseerde rugbywedstryd wat gestaak moes word omdat die bal verdwyn het.Of hoe?
Teken in op:
Plasings (Atom)






