Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

10.10.24

Wat is die storie agter dié foto?

KOBUS BOTMA skryf: EK was ʼn fotograaf by Die Transvaler in die jare '76 tot '78, in die ou Perskorgebou in Doornfontein. Iewers in '78 het ek oorgeskuif na The Citizen, tot einde '79.

By Die Transvaler het ek saam met ouens soos Wessel Oosthuizen, Pierre Oosthuizen, Nick van der Linde, Jack Fenix, Johan van Zyl, Glen Lamprecht en Mack van der Walt gewerk. Al was van die ouens òf Transvaler- òf Vaderland-fotograwe, het ons dieselfde donkerkamers gedeel, en baie saam gewerk.

Ek hoop julle kan my help met ʼn foto hieronder wat deur Jack Fenix van Die Vaderland geneem was, in '76 of '77. 

Ek het kontak met Jack se vrou, die sangeres Barbara Ray, en sy vra my so ruk terug of ek die storie agter die foto kan onthou. Jack het die foto ingeskryf vir Persfoto van die Jaar, en as ons reg is, het hy die 2e prys ontvang. Sy het ʼn mooi vergroting van die foto en kan goed
onthou dat Jack nie daai aand kon slaap nie. Die trane het maklik gekom. 

Jack is in 1984 oorlede, en Barbara is nou 80. Een van Barbara se treffers was "I don't wanna play house".  (Klik HIER.)

Bo: Kan een van julle dalk onthou wie die mense was, en wat die storie daar agter is?

Bo: Jack Fenix, Barbara Ray en hul babaseun Brett.

Bo: Is ek en Wessel die enigste oorlewende fotograwe van daardie laat 70s?

Bo: Barbara Ray en Kobus Botma ʼn paar maande gelede in Pretoria.