Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

10.2.24

Lucia (Van den Bergh) Prinsloo oorlede

LUCIA (VAN DEN BERGH) PRINSLOO, voormalige verslaggewer by Hoofstad is Dinsdag, 6 Februarie 2024,  in die St George's-hospitaal, Port Elizabeth oorlede.

Sy was 67. Sy ek haar tandartsman, Dappie, het in Jeffreysbaai gewoon.

Lucia het meer as jaar terug 'n nieroorplanting gehad.  Haar broer, Van Rooy van den Bergh, was die skenker. 

'n Vorige berig oor Lucia is HIER

Lucia se suster, Elsa Winckler, berig op Pretoria FM se webblad soos volg:  "Haar humorsin en skryfkuns is verewig in twee boeke wat in die afgelope jare verskyn het nl; Kwaheri, my geliefde, en ook Vegters. ‘n Derde boek word in Maart deur Lapa uitgegee. Dis reeds gereed.

"Lucia was getroud met Dappie. Hulle het drie dogters, ‘n seun en vyf kleinkinders".