Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

3.7.24

Hulp met berigte oor adv. As Burger gevra

ANDRIES BURGER, seun van advokaat As Burger skryf: my pa is dié week oorlede.  Hy sou volgende maand 85 gewees het. Ek probeer ou koerantberigte oor hom kry en vra hulp.

Ek weet daar was destyds berigte oor van die hofsake waarin hy opgetree het, soos die Frans Vonsteen-verhoor in 1972.  Daar was ook berigte/artikels oor die moderne vyfkamp waarin hy 'n Springbok was.  

Ek sukkel om iets te vind, veral omdat ek in Melbourne, Australia woon. Het u dalk toegang tot argiewe of hulp hiermee? Hierby is 'n skets van Len Lindeque wat na an my pa se hart was.  Dit het op 16 Maart 1969 in Dagbreek verskyn.


(K'rant het al verskeie navrae oor waar ou koerante gekry kan word, ontvang.  In 'n stadium het 'n dame by Unisa gehelp, maar sedertdien het alle navrae daarheen opgedroog.  Het iemand dalk inligting waar om aan te klop? --Red.)