Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

27.6.24

Rapport maak wéér (vir oulaas) opslae

‘n Aankondiging is vroeër vandeesmaand met groot verbasing bekend gemaak dat onder meer Rapport gaan sluit.  Net so was dit  in 1970  ‘n groot verrassing toe aankondig is  dat die destydse Dagbreek en Die Beeld  (nie Beeld nie) gaan amalgameer om Rapport te word.

JOHAN VOSLOO, tóé nog sportverslaggewer by Dagbreek het in Hanekraai, personeelblad van die Afrikaanse Pers Beperk (APB), vertel van sy ervarings toe hy en sy kollegas op 29 Oktober 1970 gehoor het van dié samesmelting.  Dit is later in K’rant opgeneem.  Klik HIER om sy storie te lees.


Heelwat berigte en artikels het intussen verskyn oor die skade op verskeie terreine wat die sluiting van Rapport en ander  koerante gaan meebring.  Party rubriekskrywers het selfs gewonder waarmee hulle nou vensters gaan was.

Volgens berigte verskyn Rapport aan die einde van September 2024 die laaste keer. Daar is ook berig dat Rapport se verkope 335 000 in die jaar 2000 beloop het.  Dit het tot 60 000 afgeneem in 2024.

Dis nie eerste keer dat Afrikaanse koerante in ons geledere sterf nie.  Dink maar aan Die Vaderland, Die Transvaler, Hoofstad en Oggendblad.

Oudkollegas kan gerus vir K’rant van hul ervarings herroep die dag toe hulle die slegte nuus gekry het.