Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

29.11.16

Piet en Mariëtte skop nes in Korfu

GERT VAN ROOYEN skryf: Piet Ebersöhn, oud-Transvaler, die vader van K’rant en vir jare al die organiseerder van die Perskor-reünie, en sy vrou, Mariëtte, het toe die “groot Griekse stap” gedoen en aan die begin van November na die eiland Korfu verhuis.

Hulle huur tydelik `n landelike woonstel in die Achilleo-omgewing, suid van Korfudorp terwyl hul huis opgeknap word.

Piet Ebersöhn
Korfu is ‘n Griekse eiland in die Ioniese See, aan die weskus van Griekeland. Piet-hulle se huis in die dorpie Kontakali, net noord van Korfudorp in die Gouvia-omgewing, word tans in ‘n tuiste omskep.  Hulle hoop om teen Kersfees te kan intrek.

“Die verhuising is die verwesenliking van `n droom wat tien jaar gelede posgevat het nadat ons op `n bootreis in die Middellandse See met die eiland en sy mense kennis gemaak het,” vertel Piet.

K'rant en al sy lesers wens Piet en Mariëtte alle goeie wense toe op Korfu en hoop om darem so af en toe ‘n nuusbrokkie in K'rant te sien van hul wedervaringe.

Meer oor wie en wat Piet is, kliek op Redaksie bo-aan die blad.

Dié kaart wys waar in die wêreld Piet Ebersöhn en sy vrou, Mariëtte gaan bly. Dis 'n uur se vlieg van Athene af.