Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

29.6.12

G’n koerantmens kan só lank luister of kyk nie


Charl Thom skryf: Lekker staaltjie uit die tagtigs was ‘n byeenkoms van die Johannebsurgse Persklub, destyds nog onder voorsitterskap van Hans Lombard. ‘n Maandelikse ete is gereёl gewoonlik met nuuswaardige spreker.

Die betrokke maand egter, het Hans effens afgewyk van die gebruik en toe die een of ander wynkelder genader om vir ons ‘n wynproe te hou.

28.6.12

Dinamiese Hans Lombard laat op 84 steeds dinge gebeur

PIET EBERSÖHN skryf: Om op 84 nog heeltyds te werk en die lewe so voluit te leef en sulke diep spore te trap waar hy ook al gaan soos wat die onblusbare Hans Lombard doen, sit nie in elke man se broek nie.  

Dié gewese joernalis van Die Transvaler (waar hy in 1952 ingeval het), Die Vaderland en die SA Financial Gazette

27.6.12

Oor Soweto se Godfather en ander karakters en kaskenades


ANDRIES BOTHA, voormalige assistent-redakteur van Die Vaderland, vertel van sy ervarings in Soweto.

Een van die kleurrykste karakters wat ek in my lewe as joernalis raakgeloop het, was Godfrey Moloi, eienaar van die Blue Fountain-restaurant in Soweto, wat eintlik as die Godfather bekend was en oor wie se

26.6.12

Gabriel was 'n Zoeloeprins

PHILIP DEETLEFS het die inisiatief geneem om 'n ‘n storie oor een van die Perskor-legendes, Gabriel, 'n Perskor-motorbestuurder van die jare ‘70, te skryf. Hy het K’rant se redaksie gevra of hulle inligting en staaltjies het om by te voeg. Só het ‘n merkwaardige verhaal oor dié ou Grote na vore gekom.

Philip skryf: Gabriel het in daardie dae, toe tandepasta nog wit was,

Marietjie gee geboorte aan boeke

MARIETJIE VAN ROOYEN, gewese redaksielid van Die Vaderland en deesdae skryfster, het uit Kaapstad van haar laat hoor.

„Liewe land, in ons Perskor-dae was ons almal jonk en mooi – en het alles nog moontlik gelyk.

„Wat kan ek jou tog van my totaal onmerkwaardige lewe vertel?

25.6.12

Koud-koud kry Japie toe sy witwarm "scoop"

JAPIE BOSCH vertel hoe hy in 1973 een van die grootste politieke “scoops” van die tyd -- Marais Steyn, die Transvaalse leier van die Verenigde Party, se oorstappery na die Nasionale Party -- amper misgeloop het, omdat dit koud was. Boonop het die storie sy ontstaan gehad toe Jaap de Villiers, ‘n ses voet ses miljoenêr, gedreig het hy gaan hom “doodslaan”.

Pot-trofee laat gedagtes loop

ANDRIES BOTHA skryf: Toe ek in Desember 1958 vars uit matriek by Die Transvaler aangekom het, was die inkripsie by die Potgieter-trofee waarvan Thys Human vertel min of meer so:

“Die Potgieter-trofee
Vir diegene wat die pot misgesit het
Dis okorraait
Gaan spreek jou huisdokter
Jy’t dalk verkeerd getaaip”

Vertel die stories solank jy kan onthou!

Suzelle Fourie skryf: In die lang lys van mense wat op K’rant se jongste uitgawe gesoek word, sien ek Paul Kruger wonder wat van Joan (Crafford) Kruger geword het. Dié woelgees, wat in die jare sedert haar groentjiedae by Die Vaderland al ‘n doktorsgraad in die letterkunde verwerf het, is in die Kaap. Sy is ‘n mede-stigter en direkteur van TiP Publishing, wat ‘n verskeidenheid sogenaamde nis-tydskrifte publiseer. Hul kantore is in Woodstock, telefoonnommer is (021)447-6094. Joan se e-pos-adres is joan@tipafrica.co.za

Boeke maak, kry voorkeur

ANNETTE (HUMAN) WAGNER, Pretoriase redaksielid van Die Transvaler in die vroeë sewentigs en bekende skrywer van kookboeke, laat weet van Warmbad af:

Toe ek vanoggend (buite was dit nog nagdonker) deur ons kantoorpapiere worstel sodat my man kan gaan betaal, bestel en dies meer wanneer hy vandag op die dorp is, kom ek op jou brief van 12 April oor K’rant af en besef tot my skande ek het nog nie daarop gereageer nie.

24.6.12

’n Laafplekkie weg van Vegkop se gewoel

PHILIP DEETLEFS roep herinneringe aan ’n eksklusiewe persklub op.

Destyds woon Frans Sceepers, Lala Wahl, Piet Ebersohn, Wilma Rudman en ek in ’n blok terras-woonstelle net bokant Ellispark se tennisbane – Suncliffe Terrace in Panoramarif (eintlik maar Troyeville).

Om die een of ander rede het ons besluit dit kan ’n plan wees om nog een

22.6.12

John Vorster dié enigste kan-di-daat

JAPIE BOSCH vertel die interessante storie van 'n gesprek tussen Dirk Richard, hoofredakteur van Die Vaderland, en John Vorster, toe Premier.

Na die sluipmoord op dr. HF Verwoerd op 6 September 1966 was daar drie kandidate vir die troonopvolging – sen Jan de Klerk, Ben Schoeman en John Vorster. Sen De Klerk het hom vroeg onttrek en Schoeman het hom onttrek toe hy sien hoe die wind in die koukus ten gunste van Vorster waai.

Sensasie, seks en sies! in nuwe Sondagkoerant

GERHARD BURGER, oud-Transvaler-redakteur en vroeër sportredakteur van Die Vaderland, deel ’n rare vonds met K’rant se lesers.

Provinsiale rugbyspelers was betrokke by ʼn rooftog waarin ʼn klomp geld uit ʼn bank op die Kerkplein in Pretoria gesteel is.

Waar kry jy nou ʼn sterker hoofberig vir die eerste uitgawe van 'n nuwe

21.6.12

‘n Wonderlike vonds

ANDRÉ VAN DER MERWE het laat weet: "Ek het tussen my goed begin krap en op hierdie drie kiekies afgekom". Hy het ook die byskrifte voorsien. (Die foto's sal moontlik enkele sekondes neem om af te laai.)

André was in Perskorburo se kantoor in Port Elizabeth en daarna militêre verslaggewer by Die Vaderland.

Emerentia kuier met ’n besonderse tante

EMERENTIA HUTTEN-BURGER kon nie vanjaar die reünie bywoon nie, omdat sy met ‘n besonderse tante gaan kuier het. K’rant het haar gevra om meer van die kuier en die tante te vertel. Sy het laat weet:

20.6.12

Godslastersaak troef Zuma se „Spies”

ANDRIES BOTHA was kwalik drie dae by Die Transvaler na sy drie jaar op universiteit toe die opspraakwekkende godslasteringsaak van Harold Rubin in sy skoot gewerp is. Dit het meer as ’n maand geduur en het ten nouste om die vryheid van kuns en spraak gegaan.Dit het ’n baie diep indruk op sy jong gemoed gemaak en hom anders laat kyk na kerk- en politieke leiers en hul dogma.

19.6.12

Baie spesiale uitgawe van Die Transvaler in 1956

Thys Human en sy vrou, Kewpie.
THYS HUMAN, die laaste redakteur van Oggendblad, skryf: TOE ek op 2 Januarie 1956 by Die Transvaler begin werk het, was daar op die redaksie mense van naam en faam wat toe reeds diep spore in die joernalistiek getrap het. Hermie Hendriks sal van hulle en hulle voorgangers nog beter onthou, maar miskien is ek die laaste een na hom wat nog daardie tye beleef het.

Wie's jou mak-aap?

Twee oud-kollegas van Die Transvaler, Willie Buys (links) en Joe van Buuren (regs), het, onafhanklik van mekaar, dieselfde storie aan K'rant gestuur, elkeen soos hy dit onthou en in sy eie styl neergepen

Die twee vertellings saam weergee die atmosfeer van daardie dag.

17.6.12

Bloedvlekke en spanning in die nagkantoor

PIET EBERSÖHN skryf: Toe ek onlangs in die George Herald van Herman Gouws se dood lees, het ek onwillekeurig teruggedink aan my eerste kennismaking met Herrie, soos almal hom geken het. Hy het in 1974, kort voor my, by Die Transvaler in Aucklandpark begin werk.

Saam met Martin Jansen, nou van uitsaaifaam, is ons, aan die voete van wyle oom Mac McDonald, om die vertaaltafel in die basiese dinge van die

15.6.12

Die dag toe Len Lindeque deur Jooste gefaaier is

ANDRIES BOTHA het as assistent-redakteur en politieke skrywer by Die Vaderland baie tyd saam met Len Lindeque deurgebring om die daaglikse spotprent te bedink. Soms kon 'n mens hulle ver af hoor lag soos hulle die humor opgetower het. Hier vertel Andries van sy ervarings met Len.

14.6.12

En só beland ek toe by ’n koerant…

SUZELLE FOURIE (née du Preez) was in die 1970's by Die Vaderland. Sy vertel hier van haar lewenspad.

Dit was waarskynlik nooit oorle’ Ma se bedoeling dat ek ’n loopbaan, ’n liefde en uiteindelik ook ’n lewe in die koerantwêreld moes vind nie. Sy het eintlik gehoop dat ek sinnigheid in hulle hubare jong dominee sou kry. Maar bedoeld of onbedoeld, dit was aan Ma te danke (of te wyte, afhangend

13.6.12

Frans Scheepers word oupa


Oud-kollega Frans Scheepers het pas die eerste keer oupa geword.

Links is ‘n trotse Frans saam met ouma Ineke, ma Charlotte en klein Lodewyk Jacobus Lesch, aspirant-boer en -eienaar van die plase Nooiensdam, Leliesfontein en Pampoenfontein, fris en gesond met ’n lekker keel aan hom.

Frans tree in Oktober by die SABC af. Dan, skerts hy, is hy oupa én pensioentrekker

David wen Citadel-prys vir geldskrywers

DAVID VAN ROOYEN, eertydse sportredakteur van Die Vaderland en later finansiële redakteur van Transvaler, is pas as die algehele wenner van Citadel se gesogte “Words on Money”-toekenning vir joernalistiek aangewys.

Drie oud-Perskorhane wen ATKV-Mediaveertjies


THYS ODENDAAL, deesdae van Beeld, maar in die jare sewentig Phillippa Breytenbach se assistent op Die Transvaler se kunsredaksie, is op die ATKV se jongste Mediaveertjie-toekenningsgeleentheid vereer vir sy jarelange bydrae as kunstejoernalis.

Wessel lewer pronkstuk met rugbyfoto’s

WESSEL OOSTHUIZEN, die meester van sportfotograwe en op sy dag hooffotograaf van verskeie Perskor-koerante het ‘n versamelstuk van die boonste rak die lig laat sien met sy koffietafelboek “Portrait of Rugby”.

Boeddha stuit Kersfees nie

JOHAN LIEBENBERG, oud-kunsredakteur van Die Vaderland, vertel van sy onlangse ervarings in Viëtnam.

Kersfees in Viëtnam is groot! Dit het ek tot my verbasing vasgestel toe ek verlede Kersfees in dié land deurgebring het.

Johann was meer as ‘n kollega en vriend

WILLIE BUYS skryf: My hart was bitter seer en ek was sprakeloos geskok toe Retha van Loggenberg die Saterdagoggend bel met die nuus dat Johann, haar man van skaars ‘n jaar, dood is. Verongeluk. Op sy kragtige nuwe spog-BMW-motorfiets wat gegly het op die sandbank van ‘n stofpad in die berge van Betlehemse distrik in die Vrystaat.

12.6.12

Leroux Terblanche, ’n karákter soos min


CHARL THOM, voormalige assistent-tot-die redakteur, Die Vaderland, skryf: EK was ‘n jong laaitie by Die Nataller in Durban toe Leroux Terblanche, toe al ’n veteraan, my onder sy vlerk geneem het om my die „ropesˮ te leer.

Een van my eerste „lesseˮ was toe daar ’n storie gedoen moes word oor ‘n plaaslike NG Kerk se halfeeufees, of iets in dier voege, en ek saam

11.6.12

Kittie in oord; Wessel wikkel

 Kittie in versorgingsoord 

Kittie Vermaak, gewese vroueredaktrise van Die Vaderland en later Transvaler, is in ‘n versorginsoord op Sasolburg na ’n beroerte sowat anderhalf jaar gelede. Sy is baie eensaam en hoor graag van oud-kollegas. Haar telefoonnommer is 016/976-2443 x 2114.

Eers K’rant, dan Die Burger!

SUZELLE FOURIE skryf: Nee kyk, hierdie ‘Krant-besigheid kan verslawend wees. Julle is nou al derde op my lysie van vroegoggend-leesstof op die internet – dis nou ná my e-pos en die weervoorspelling. Kry selfs voorkeur bo Die Burger!

Nou lol K’rant met my spertyd

GERHARD KLEIJN ‘n gewese nuusredakteur van Oggendblad, skryf: Ek het nou net ‘n lekker nostalgiese trippie met die K’rant saam gevat. Dit terwyl ek my eintlik dringend moet besig hou met die haal van nog ‘n speryd. Deur die jare kon ek eenmaal nie my dagbladmentaliteit afskud nie. Los bykans alles tot op die laaste moontlike oomblik om ons maandelikse tydskrif persklaar te kry. As julle wil, kan julle by www.bronberger.co.za gaan loer om ‘n idee te kry van waarmee ek my die afgelope tien jaar besig hou.

Dankie aan julle ou strydrosse vir K’rant. Ek het die skakel by my gunstelinge gevoeg.

10.6.12

Kordaatstukke en katastrofes op die rugbyveld

PIET EBERSöHN skryf oor sy ervarings van Perskor-rugby en die newe-effekte daarvan.

Iewers in die laat jare sewentig het Perskor in Johannesburg (weer ‘n keer) sy eie rugbyspan gehad. Perskor het selfs die truie verskaf – sulke vlootbloues – en behalwe die meerderheid hoi-polloi was daar ’n paar knap spelers wat by tye vir die span uitgedraf het.

Die Vaderland op BBC-TV

In 1976 het BBC-TV ‘n dokumentêr oor ‘n paar Suid-Afrikaanse koerante se dekking van die Soweto-onluste gemaak en Die Vaderland daarby ingesluit. Van links af is verslaggewer Gené Stephan, Japie Bosch, nuusredakteur, Antonie Richards, assistant-nuusredakteur, en die manne van die BBC.

  Kyk net daai kamera!

9.6.12

Jakkie in André Verster se spore as akteur

JAKKIE GROENEWALD, vroeër van Die Vaderland en Transvaler se kunsredaksies, vertel van sy bedrywighede as akteur.

JOERNALISTE in die kunste het nog altyd die voorreg gehad om internasionale sterre te ontmoet wanneer hulle Suid-Afrika besoek het.

In die loop van die jare by Die Vaderland en later Transvaler, het ek

Ai, dit onthou so lekker… !

MARIUS DU PLOOY, Die Transvaler-man in die jare sewentig, laat die gedagtes ver teruggaan.

Dis so lekker om weer jonk te kan voel saam met die jong onthoue.

As student op die Goudstadse Onderwyskollege het ek vir Die Transvaler

8.6.12

Toe fakse nog jonk was

PIET EBERSÖHN skryf: In die dae toe faksmasjiene nog ‘n betreklike nuutjie was, het Transvaler, destyds ’n Pretoriase koerant, gereeld die produktepryse van die plaaslike mark geplaas. Die pryse is per faks aan die redaksie gestuur.

Eendag, het die markmeester later vertel, het die mark se faksmasjien gerapporteer dat daar fout met die versending van die faks was. Die markmense stuur dit toe weer. Waarop die bode wat die faksmasjien beman het, laat weet: “Ons het hierdie een al. Ek stuur hom terug.”

Só het "Vegkop" ontstaan

Andries Botha skryf: Johan Snyman, ook al saliger, het my vertel dat Vegkop sy naam eintlik aan Jaap Swanepoel (Helderberg-herinnering) te danke het. Hy't glo op 'n goeie dag kort na die trek na Doornfontein moes toustaan vir 'n bier in die kroeg toe hy opgemerk het: "Dis vandat die messelaars en bouers hierheen stroom dat mens nie geholpe kan raak nie."

Toe draai 'n fris man om, seg:  "Wie's jou f ... bouer" en in dieselfde asem slaat hy Jaap planke toe. Jaap het nie 'n hou ingekry nie.

Vrugtelose sending

PIET EBERSÖHN skryf: Wyle Mike van Niekerk het dié een jare gelede vertel. Jan Hoeksema (eweneens saliger) was in die jare sewentig Die Vaderland en later Die Transvaler se hofverslaggewer belas met die hooggeregshowe. Op ’n dag is hy in die Pretoriase Hooggeregshof om die een of ander sensasionele hofsaak te dek.

Toe die dag se verrigtinge verby is, word ’n drywer (askies, oom Engel, maar ’n paar geslagte joernaliste sal nie verstaan as ons sê motorbestuurder nie) uit Johannesburg gestuur om hom te gaan haal. ’n Uur of wat later is die man onverrigtersake terug in Doornfontein. „Nee, meneer, ek kry nie die oumiesies nie.”

• Dié storie was ook ‘n gunsteling-vertelling van André Verster van Die Vaderland.

Boog van triomf

JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: EEN van die klassieke vertalings van ’n Sapa-berig van ’n gevatte kollega uit die Wes-Kaap sal my altyd bybly. Dit was oor ’n Fransman wat by die Arc de Triomph die ewigbrande vlam doodgepie het. Die vertaling, ewe melodramaties:

PARYS. - ’n Fransman het eergister doodluiters die hand aan eie ploeg geslaan en die ewige vlam by die Arc de Triomph in Parys, Frankryk, met ’n sierlike boog uitgedoof ... !

’n Ander een van ’n penkop-vertalertjie: Hulle het die vrouens om plesierdoeleindes verkrag … Ek vra haar toe hoe kom sy daarby uit? Redelik selfvoldaan wys sy die oorspronklike Sapa-berig wat toe ’n spelfout gehad het: "They raped the women at “funpoint” , i. p.v. “gunpoint".

Waarheid is vreemder as fiksie

Só vertel FRIKKIE VAN DER WALT, gewese misdaadverslaggewer, hoofsubredakteur en nagredakteur van Die Transvaler, voordat hy na die groener weivelde van die (toe nog) SAUK is.

EK het ‘n hele rukkie ná Sarel Steyn se vlieënde tikmasjiene ’n pos as verslaggewer by Die Transvaler in Braamfontein gekry. Een van die mederedakteurs, Jan van Rooyen, het my gevra om eers in die argief uit te

7.6.12

Daardie ou dae

CHARL THOM, voormalige assistent-tot-die-redakteur, Die Vaderland, skryf: Wat ’n lekkerte om weer te kan kontak hê met ou kollegas/vriende uit die Perskor -dae. En sommer ’n groot dankie aan julle ouens wat agter die stigting van K’rant is – mag dit van krag tot krag gaan.

6.6.12

Terugkyk is soos 'n begraafplaas-wandeling

THIJS NEL was meer as 40 jaar gelede kunsredakteur van Die Vaderland. Sedertdien het sy skilderwerk internasionale aansien gekry.

Afbeeldings van sy skilderye is hieronder.

Thijs het al meer as 40 uitstallings wêreldwyd gehou en van sy kunswerke is in talle museums en private versamelings opgeneem waaronder:

4.6.12

Tussen klippe en traanrook was koeldrank nie die antwoord

JOE VAN BUUREN herleef die koue en gevare van nuusinsameling tydens die Soweto-onluste van die jare sewentig.

IN die vroeë jare sewentig is ’n hele nuwe geslag joernaliste by Die Transvaler aangestel ter voorbereiding van die koms van Beeld.

Knaterflaters

ANDRIES BOTHA skryf: Ek onthou ook van ‘n paar knaterflaters (goeie Afrikaans vir ‘n balls-up, verneem ek).

Ekself moes eenkeer ‘n SAPA-berig in my begindae vertaal oor” guerrilla fighters” in Mosambiek waaroor die subs hulle dood wou lag, want ek het hulle toe gorilla-vegters gemaak.

Dan was daar die storie van “Two servicemen in Mozambique”, wat deur terroriste doodgeskiet is. In my vertaling het hulle toe sommer “twee diensbodes” geword.

Sipke mik vir 50-tal in hoofstroomjoernalistiek

SIPKE DE VRIES skryf: ALLEREERS moet ek julle gelukwens met die blog wat julle uitstuur -- 'n baie professionele stukkie werk, hoor!

Sover dit jou (Piet Ebersöhn) uitnodiging betref om na die Engelstalige sy van oud Perskor-slawe te kyk, moet ek aanvanklik bietjie terugstaan. Ek is wel bly dat jy my Engels wou laat skryf of miskien sub omdat ek al die afgelope 37 jaar uitsluitlik Engels skryf, maar dit is op die oomblik vir my onmoontlik.

Die redes is dat ek nog voltyds vierkant in die joernalistiek staan – buitelandse redakteur van Sapa. (Ek hoop naamlik om my beoogde doelwit, 50 jaar in hoofstroomjoernalistiek, in Februarie volgende jaar te bereik.) Terloops, my kollega John Simpson van die BBC in London het dieselfde ambisie, maar hy is 8 jaar agter my.

3.6.12

John du Toit sê nee vir spogplaas in Nieu-Seeland

Meegaande is 'n herpublikasie van 'n storie uit K’rant se eerste reeks in 2004 onder redaksie van PEET SIMONIS.

WIE van julle het vir John du Toit, gewese sportredakteur van Die Transvaler geken? Antwoord gou voor jy verder lees.

Het jy hom geken?

2.6.12

La-a-ang werkvakansie vir Gert

GERT COETZEE skryf: EK het opdrag (by K’rant se redaksie) gekry om ’n CV deur te stuur, wat ek so bondig moontlik doen – eintlik het ek iets heeltemal anders op die hart!

Nietemin (in geen besondere volgorde nie): leerlingverslaggewer (Die Vaderland, Aucklandpark), Landdroshofverslaggewer (DV), Hooggeregshofverslaggewer (DV),
Vaaldriehoekse Verteenwoordiger (DV), Oos-Randse Verteenwoordiger (Die Transvaler), Senior Verslaggewer (Beeld), Nagnuusredakteur (Beeld), Verre-Noord-Transvaalse Verteenwoordiger (DT), Redakteur (Noord-Transvaler), Hoofsub (Klerksdorp Rekord), Afrikaanse skrywer, TV-Nuus (SABC), Vryskut (wie ook al nie geweet het wat om met hul geld te maak nie, onder meer AngloGold, Rapport, OFM, landboukoöperasies). Tussendeur het ek ’n hele klompie nuustafels beman – nie uit verdienste nie, maar net uit afsterwe en siekte. Dié jaar is ek 40 jaar in die, soos hulle sê, "game".

André was ’n man se man

PHILIP DEETLEFS skryf uit Windhoek:André de Bruyn was altyd ’n man se man. Hy het gehou van mansdinge soos motors en motorfietse en hoe om resies te jaag met hulle en veral militere aangeleenthede soos oorlog maak. André het by Die Vaderland presteer as militere korrespondent en het ook waar hy kon, hand gegee met die toets van motors, motorfietse en die bekendstelling van nuwe modelle. Sulke regte mansgoed was vir hom lekker!

1.6.12

Vorster lôp die pad, want ...

ANDRIES BOTHA vertel  van daardie eerste toespraak van John Vorster, wat op 13 Desember 1913 as die 13e kind van die Vorster-familie van Jamestown in die Oos-Kaap gebore is en wat op 13 Desember 1966 – ses dae na die sluipmoord op dr. HF Verwoerd deur Demitreos Tsafendas, 'n bode in die Persgalery - premier geword het toe hy 13e op die ranglys van die Kabinet van 18 ministers was en sy gholfvoorgee ook 13 was:

Ek en Blaar Grobbelaar, wat toe Die Volksblad verteenwoordig het, het Vorster op die trappies van die Senaat hoor praat kort nadat die koukus van die NP hom as leier en dus as Premier aangewys het. Ons het die toespraak ietwat aangepas.

Vorster het gesê: "U vra vir my – en u het goed reg om dit te vra – wat is die pad waarop ek met u gaan lôp en ek sê vir u ek lôp op die pad van 'n Hendrik Frensch Verwoerd. Nou kan u weer vir my vra waarom lôp ek op die pad van 'n Hendrik Frensch Verwoerd en ek sê met oortuiging vir u ek lôp op die pad van Hendrik Frensch Verwoerd omdat ek nie 'n baaisiekel het nie ...”

Johan Kuns kla nie oor die Kaapse weer

JOHAN LIEBENBERG, gewese kunsredakteur van Die Vaderland, laat weet: Ek is nie so goed op foto’s stuur nie, so julle sal maar sonder een moet klaarkom, maar ek kan darem my nuus gee, al is dit nie opwindend nie.

Ek woon al sedert einde 1986 in die Kaap en is doodgelukkig hier. Ek het van dag een af besluit dat dit nie produktief sal wees om oor wind of weer te kla nie! En snaaks genoeg is ek dol oor die winters in die Kaap, nie soseer die somers nie. Ek woon nou in ’n aftreeoord in Vredehoek aan die hange van Tafelberg en is baie trots op die status wat die berg onlangs gekry het as een van die sewe natuurwonders van die wêreld. Dit is ’n n baie lekker plek met talle interessante mense.

Arina Bohler nou by NMMU

Arina (Malan, De Kock) Bohler is deesdae webadministrateur vir die biblioteek- en inligtingsdiens van die Nelson Mandela-Metropolitaanse Universiteit.

Sy was by twee geleenthede ’n lid van Die Transvaler se redaksie. Die eerste keer in Jorrisonstraat waar Carel Nöffke die redakteur was, toe weer in Aucklandpark waar Willem de Klerk die redakteur was.

Slukkie wyn vir vis-en-tjips-liga se pyn

WILLIE BUYS roep die jaarlikse Perskor-rugbyderby oor die Jukskeirivier heen in herinnering.

In hierdie tye wat professionele Super15-rugby op die hoofspysaart is van amper al wat ‘n Suid-Afrikaanse man – veral Afrikaners, maar lees ook vroue – is sien en lees ons elke dag van verwoede mededinging op die strydarenas van rugbyvelde in verskillende lande.

Skou-(sc)oops! uit Milnerpark se dae

Wat ’n sieldodende „beat” kon die destydse skouverslaggewing tydens die jaarlikse Randse Skou op die ou Milnerparkse skouterrein nie wees nie.

Dis mos nou nie elke dag dat ’n eerste minister daar geskiet is nie - en dáárdie dag in 1960 was die mediakontingent boonop so onkant gevang dat hulle die groot nuus bra misgeloop het. (Lees gerus Joel Mervis se boek The Fourth Estate hieroor.)