Karin Pretorius skryf: Beste Andries (Botha) en Willie (Buys), Is julle nie twee fantastiese ouens om 'n mens na soveel jare te onthou en almal weer heuglik saam te snoer met ‘n lekker-lees en interessante K’rant nie?Dit is 42 jaar - 'n leeftyd! - sedert ek Die Transvaler in 1971 verlaat het en dis net 'n gesoute joernalis soos jy, Andries, wat ‘n mens per e-pos al die pad tot in Bloubergstrand kan opspoor. Ek woon al die afgelope 15 jaar hier as 'n semi-"uitgetredene" en as 'n eiendomsagent, nadat ek in 1992 'n pakket van die SA Kommunikasiediens (die ou Departement van Inligting) aanvaar het. Ek was hoof van die gaste-afdeling wat min. Pik Botha se oorsese gaste vergesel het op bepaalde programme wat ons vir hulle uitgewerk het.











































