Mjagkof het 'n boek oor sy ervarings in die KGB geskryf: Inside the KGB: An Exposé by an Officer of the Third Directorate. Dit het in 1976 verskyn.
Hy was 'n KGB-offisier verbonde aan die 82e Gemotoriseerde Geweerwagregiment in Bernau, 27 km van Berlyn. Dit was een van drie bataljonne wat 'n sleutelrol in die Russiese verdedigingsmuur in die Koue Oorlog gespeel het.
Maar eers oor sy besoek aan Suid-Afrika. Die Vryheidstigting, wat ek nie geweet het 'n frontorganisasie van die Departement van Inligting was nie, het Mjagkof na Suid-Afrika genooi. Dit was my taak om hom en sy Hollandse meisie op die Lughawe Jan Smuts te ontvang en 'n mediakonferensie te reël. Van my kant het ek alles gedoen wat ek moes. Toe hulle instap het die kameras geflits en die vrae het op ons neergereën. Skielik het ek besef hoe dit voel om “aan die ander kant” te wees.
Mjagkof het binne 'n paar minute sy sakdoek gegryp dit voor sy mond gehou en uitgestorm na die kleedkamers. Sy Engels was maar beperk en die skielike aandag redelik oorweldigend.
Die aandag is toe op sy Hollandse meisie togespits. Is hulle getroud? Wat is haar verhouding met hom? Dit was veral Gordon Winter, geharde verslaggewer van die Sunday Express, wat heelwat vrae en sommer stellings ook oor die verhouding tussen dié twee afgevuur het.
Die nuusmanne kon darem uit die mediamededeling iets wys word oor Mjagkof se geskiedenis en sy boek.
Ek het hom met die hulp van lughawepersoneel daar uitgesmokkel en in 'n motor gelaai en so het ons suksesvol “ontsnap”. Daar is toe besluit dat Mjagkof en sy meisie by ons aan huis sal tuisgaan om die media se aandag te ontsnap. Dit was vir my vrou en my drie dogters, wat toe nog maar klein was, 'n groot avontuur.
Lang Hendrik van den Bergh |
Die oorheersende indruk waarmee ek daar weg is, is dat ons BOSS-manne nie 'n duisendste van die finesse van 'n James Bond gehad het nie.
Mjagkof was deel van 'n Russiese span wat deelgeneem het aan strategiese beplanning, wapengebruik en slagveldoefeninge. Hy was ook nogal aantreklik op 'n Paul Simon-manier, had ‘'n “presence” en kon hom redelik goed in Duits uitdruk. Daar word vertel dat hy een van die KGB se doeltreffendste interne veiligheidsagente was.
Sy aanvaarbare persoonlikheid het hom in staat gestel om na aan Russiese offisiere te kom en hul geheime te ontdek – finansieel en militêr. Hy het die inligting dan gebruik om hulle af te dreig en te dwing om vir hom op mede-offisiere te spioeneer, 'n daad wat hy as verdediging van die staat beskou het.
Hy het die endemiese korrupsie binne die Sowjet se militêre mag verag. “Almal vul hul beurse ten koste van ander,” het hy gesê. En bygevoeg dat hulle “soos sprinkane in 'n mielieland” opgetree het. Hy het sy bevindinge aan sy KGB-hoofde oorgedra, maar hulle het hulle nie daaraan gesteur nie.
In 1972 het die kwaai en idealistiese Mjagkof besluit om hulle 'n les te leer en het die ontnugterde 27-jarige oorgestap na Westerse intelligensie..
Hy het die Weste twee jaar lank van hoëgraadse militêre inligting voorsien tot die oggend van 14 Januarie 1974 toe Mjagkof geglo het sy spioenasie is ontbloot en hy het aan M16 'n SOS gestuur. Na ‘n gesloer het 'n Britse organisasie, bekend as Brixmis daarin geslaag om Mjagkof uit Berlyn te kry.
Inside the KGB vertel hoedat Mjagkof eintlik deur die KGB gebruik is om op 'n Sowjet-weermageenheid in Oos-Duitsland te spioeneer. Hy skilder die mag wat die KGB gehad, hoe dit oral ingedring en invloed uitegeoefen het, die KGB se netwerk van informante en die totale vryheid wat dit oor Russiese burgers gehad het. Dit wys ook op die oorvloed korrupsie, van bo to onder, en vergelyk dit met die armoede van die mense.
Daar is meningsverskil oor die waarde van Mjagkof se boek, maar daar is eenstemmigheid dat hy die enigste oorloper van daardie departement was wat oor sy KGB-werk geskryf het.
Ekself het 'n getekende eksemplaar van die boek gehad, maar helaas, dit het met my nomadiese bestaan totaal en al verdwyn. Inderwaarheid het ek nie eens eksemplare van boeke wat ek self geskryf het nie.
Raymond Ackerman |
En onder die groot getal aansoekers vir my pos by die stigting was 'n hele paar top-joernaliste wie se name ek nie hier sal noem nie. Das Herbst, toe verbonde aan die Vrystaatse universiteit en gewese Transvaler-man, was uitiendelik die suksesvolle kandidaat. Maar ek is tot vandag toe nog bly dat ek betyds daar weg is. En dat ek dinge kon beleef wat ek nie op my koerantpad sou beleef nie.