Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

16.11.12

Fisies nie net oor fisika nie

MAARTEN ROOS skryf: In reaksie op Stella Niemand se skrywe oor fisiek en fisies.Fisies het nie net betrekking op die fisika nie.

Dit mag ook in sekere opsigte as sinoniem vir fisiek gebruik word, veral met verwysing na haar voorbeelde.

Onder fisies in die HAT in die vyfde uitgawe, 2005, betekenisonderskeiding 3 "Ook fisiek Liggaamlik: Fisiese oefeninge. Fisies en verstandelik is die kind baie agterlik. Na sy besering kan hy nie fisies by die ander spelers bybly nie."

Betekenisonderskeiding 1 "Van, betreffende die natuur; natuurlik: Fisiese of meganiese prosesse by verwering."

Betekenisonderskeiding 2 tref wel die onderskeiding van, betreffende die fisika; natuurkundig: Fisiese chemie. Fisiese verbindings.

As ek na die voorbeelde kyk wat sy genoem het, lyk dit vir my asof julle 90% daarvan inderdaad korrek gebruik het.

In dieselfde vriendelike trant moet ek haar daarop wys dat Beeld en Rapport wel nog subs het. Hulle is wel 'n Gideonsbende wat 'n uiters opdraande stryd stry.