Verstaan my mooi, ek wil nie vir Kappie oor sy kappies afkraak nie, want die meeste van ons sportjoernaliste was ook alte lief vir enetjies met eisj.
My storie oor Kappie gaan terug tot in 1981, toe Gerhard Burger maande lank in Nieu-Seeland was om verslag oor die Bok-toer te doen. Ek, Essie (oom John du Toit se adjudant by die Transvaler), Kappie en fotograaf Gert Hattingh is opgekommandeer om die pad Durban toe te vat vir 'n Curriebeker-wedstryd tussen die destydse Transvaal en Natal.
Kappie het dit reggekry om die base te oortuig dat ons reeds die Vrydag Durban toe mos ry, "net om seker te maak dat ons daar is as iemand by die kapteinsoefening sou seerkry".
Nodeloos om te sê, hy het ons aangeraai om ons kopie reeds Vrydagoggend persklaar te hê, want hy wat Kappie was, wou "pub crawl" Durban toe.
Hy het aangebied om tot in Heidelberg te bestuur, ek sou die Nissan Pulsar se wiel vat tot in Harrismith, Essie tot in Estcourt en Gert die laaste skof Durban toe.
In Heidelberg het Kappie 'n kap gemaak... en die res moes Oros drink.
In Harrismith was dit Kappie én my beurt, met Es en Gert wat Oros bestel het.
In Estcourt, Kappie, ekke én Es. In Durban was dit ons al vier se beurt.
Ons het darem ook 'n draai by die Transvaal-span se hotel gemaak, net om seker te maak alles was 100%... en toe nog 'n paar kappe gemaak.
Ons het besluit om aandete in die Mykonos-restaurant, so 'n entjie van die Lonsdale-hotel af, te geniet. Hulle was besig om dié restaurant te herskep in 'n buffet-eetplek, met 'n spesiale aanbieding van twee vir die prys van een. 'n Deel van die restaurant was in aanbou, afgekamp met rooi linte.
Illustrasie-foto. |
Jare daarna was ek weer in die Mykonos en siedaar, Kappie se nalatenskap was steeds daar, net soos dié van die sterre in Hongkong se Avenue of Stars en Hollywood Boulevard se Walk of Fame.