Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

11.5.12

Dat dit nou Tom was!



JAPIE BOSCH skryf: Tom Cairncross se storie oor Coalbrooke het my verstom. (Klik HIER). Dat hy die man agter die "scoop" was!

Ek onthou Tom as 'n kalm, vriendelike sub in Die Vaderland se kantoor in die sewentigerjare.

Daardie koerant met Tom se storie onthou ek (nou nie presies nie). Ek was 13 en in st. 7. Die koerant het op 22 Januarie 1960 verskyn.

Daardie middag het my pa met Die Transvaler en Die Vaderland huis toe gekom. Ons het dit verslind en ons ore was vas aan die radio. Dit was groot drama.
 
Daai storie was nie 'n hierjy-een nie. Dit was 'n wêreld-"scoop" -- vir 'n laatie van 22 jaar, nogal. Min koerantmanne kan daarmee spog. Welgedaan, Tom.