Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

18.5.12

As ’n grap g’n grap is nie

Angel Engelbrecht
Daardie doyen van Afrikaner-humoriste, Fanus Rautenbach, het lank ’n daaglikse geestige rubriek vir Die Transvaler se hoofartikelblad geskryf. Of so iets.

Op ’n dag vertel hy ’n storie van ’n ontkleedanseres wat kragtens "seksie" dié en daardie van ’n bepaalde wet aangekla is. Oom Engel (glo eintlik "Angel”) Engelbrecht, DT se taalredakteur, het alle HAB-kopie nagegaan voor dit subs toe is en trek toe ’n streep deur die "seksie". Vervang dit met "artikel".

"Maar, oom Engel, dan is daar nie meer ’n grap nie," redeneer Frans Scheepers van die subtafel af.

"Dan wás daar nooit ’n grap nie," kom die antwoord ferm, en oom Engel stap by die nagkantoor uit.