Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

16.5.12

Waar’s daai foto’s?

GERHARD BURGER skryf: Moerland! Dit is voortreflik. Uitpuntend, soos Gert Kotze sou sê. Nou kan ek hom lekker lees, met spasies tussen die woorde.

Ek sal Japie gaan gelukwens en, as ek dié tyd van die maand iets oorhet, vir hom iets koop.

As 'n skaam en skugter jongeling, sal ek dalk toetree wanneer die senior manne uitgeskryf is. Tom se storie is goed geskryf en mooi aangebied.

Iewers sal die mense dalk besondere foto's begin verskaf, soos Die Vaderland se sportredaksie saam met AM van Schoor. Onder meer Peet van Staden en Harry die Horse (Lombaard) en Carl Köhler. Die foto is iewers; ook die een van ons en Koos Doep in een rugbyspan, saam met Jaap Swanepoel, wat in die Helderberg heen is. En 'n paar van Andre Verster op 'n aand wat ek om die dood nie vergeet kan kry nie, al traai ek hoe hard. Wel gedaan aan julle almal.