Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

22.5.12

’n Waaghals verander van hare …

Onthou ANDRÉ DE KOCK? Wel, ek leef nog. Tans 58 jaar oud, werk steeds as The Citizen se motorsportredakteur.


André de Kock (regs) en Enrico Schoeman.
Ek het onlangs oupa geword, maar is steeds nie getroud nie, woon in Alberton, neem steeds aan motorsport deel, en is besig met ’n interessante projek.

Ek en ’n vriend gaan die Guinness-wêreldrekord breek om met ’n motorfiets deur ’n vuurtonnel te ry. Wel, eintlik is dit verkeerd, want ons hou reeds die rekord – ons het verlede jaar September met 'n Kawasaki-motorfiets en syspan deur ’n tonnel van 73 meter lank gejaag.

Deur die vuurtonnel.

Ons het dit in die dorpie Vaalwater, Limpopo, gedoen, en gaan daarheen terugkeer. Op 9 Augustus vanjaar gaan ons ’n tonnel van 85 meter aandurf, om die rekord ordentlik agter ons naam te skryf.

Ek heg foto’s aan. Jammer, sal nie die reunie kan bywoon nie – jaag op Zwartkops daardie dag.
  • Dis die reaksie wat K’rant ontvang het nadat Willie Buys ’n week of wat gelede gevra het: “Wat het geword van …?” En dis jou wrintiewaar dieselfde André wat toentertyds toeskouers na die asem laat snak het deur hom op die dak van jaende versnelmotors by Tarlton te laat vasmaak – net sonder sy destyds kenmerkende bos hare.
  • Buks Pietersen en Gerhard Burger het laat weet dat Frans du Toit, nuusredakteur en later assistent-redakeur van Die Vaderland, jare gelede reeds oorlede is. 
  • Van diegene waaroor Willie navraag gedoen het, wonder ons nou nog wat van Marius Kleynhans en Le Roux Terblanche geword het.