Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

28.5.12

Lallie hoogs de moer in

Lala Wahl skryf: Ai, my hart is nou regtig so seer om te lees dat liewe Harry ook uit die woud gekap is.

Harry en ek het saam by Het Suidwestern in George gewerk en baie pret gehad. Danie het in daardie tyd sy kommersiële vlieglisensie by Jim Davis by die George-lughawe beoefen.

Ek was die broodwinner, maar teen R100 per maand vir ’n huis feitlik op die Heroldsbaai-strandjie, kon ons heel gemaklik lewe. En Harry (en ons) was maar alleen – joernaliste is mos ’n rare spesie – en het naweke verskoning gehad om ’n ou vuurtjie staan te maak.

So laat ek ’n skaapribbetjie ontbeen, gerol in mint en „what have youˮ. Danie en liewe Harry besluit toe om die rib in tinfoelie in die seesand met die kole onder te braai.

Nodeloos om te sê, die ribbetjie was veras toe dié uiteindelik opgegrawe is. Want, liewe Harry had mos immer 'n halfjekkie Jakkals en Bolf in die geel kombi vir ingeval ...

Lallie was hoogs de moer in vir die twee kuierklonge!