![]() |
Hendrik Schoeman |

Hendrik Schoeman het in sy dae as Minister van Landbou die storie vertel van sy voorganger as landbouminister, Dirk Uys, wat in Natal voor ’n groep boere gaan praat het.
Onderwyl Uys gepraat het, het ’n man opgespring: „Ek wil ’n mosie van wantroue instel.”
Die voorsitter van die vergadering: „In wie nogal?”
„In Dingaan.”
Voorsitter: „Waarom in Dingaan?”
„Hy’t die verkeerde Uys doodgeslaan.”
(Een van Schoeman se latere private sekretarisse, Mannie da Silva, het by geleentheid vertel hoe einste oud-minister Uys dit op hom geneem het om sy opvolger gereeld te gaan vertel hoe hy sy portfeulje behoort te hanteer. Schoeman was nie juis lus vir dié inmenging nie en het ‘n slag of wat in die toilet weggekruip tot Uys ‘n afspraak moes nakom en nie langer vir hom kon wag nie. – Red)
_____
![]() |
David Frost |
Frost self het nie juis gelukkige verhoudinge in sy huwelike gehad nie en was ook kinderloos.
In die onderhoud laat waai hy met ’n uiters gelaaide vraag: „Mnr. Vorster, as hierdie Nazi-jackboot minister van justisie wat mense maande lank sonder verhoor opgesluit het, wat gee u die meeste plesier in die lewe?”
Vorster: „Sê my, meneer, is u ’n oupa?”
Frost: „Nee.”
Vorster: „Dan sal u nie weet waarvan ek praat nie.
_____
![]() |
Roger Bourgarel in aksie. (Foto: Corbis Images) |
Een van die twispunte was ’n besluit van die N.P. om ’n swart rugbyspeler, Roger Bourgarel, as lid van ’n Franse toerspan toe te laat nadat dr. Hendrik Verwoerd voorheen ’n verbod op swart of gekleurde spelers in buitelandse spanne geplaas het.
Vra hy die gehoor toe: „Waarom dink u het dr. Verwoerd die All Black-toer van 1965 gekanselleer?
Stem uit die gehoor: „Ou Frik was siek.”
Daarna kon niemand Marais weer ernstig opneem nie.
_____
![]() |
George Ball |
Dus assosieer Vorster ook met Kommuniste.
Iemand in die gehoor spring toe op en vra: „Doktor, is dié George Ball dalk familie van die miesies Ball wat die chutney maak?”
Die gehoor het geskater en eensklaps is George Ball as ‘n „volksvreemde verskynsel wat die ondergang van die Suid-Afrikaanse blanke beskawing wil bewerkstellig” skadeloos gestel.
_____
Humor oorleef nie net die „gevleuelde woorde” van politici nie, maar dit help gewis om mense bewus te maak van die dikwels belaglike pogings van politici om steun te werf deur vrese aan te blaas oor dinge wat nooit sal gebeur nie.
Soos Coleridge dit so treffend gestel het: ˮIn politics, what begins in fear usually ends in folly.ˮ Of Franklin D. Roosevelt in 1933 in sy inhuldigingtoespraak as president van die V.S.A.: ˮThe only thing we have to fear is fear itself - nameless, unreasoning, unjustified, terror which paralyses needed efforts to convert retreat into advance.ˮ