Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

21.5.12

André se reünie-foto's

Oud-Perskor-kollegas het die afgelope naweek reünie gehou. ANDRÉ VAN DER MERWE het daar foto's geneem. Klik HIER om daarheen te gaan.

ANDRÉ VAN DER MERWE het in 1975 saam met Blignaut (Bliksem) de Villiers – hy was ‘n ou Landstem-man -- die Perskorburo in Port Elizabeth begin. Hul base was destyds Hermie Hendriks en André Verster.

Hul streek het gestrek van die Wildekus af tot anderkant George en tot by Colesberg die binneland in. Hulle was verantwoordelik aan die Vurige Vier en natuurlik die enigste Afrikaanse koerant in Natal daai tyd, Tempo.

André het in 1976 Johannesburg toe gekom en was so drie jaar Militêre Korrespondent en later sub saam met Piet Ayers en Tom Cairncross by Die Vaderland. "‘n Mens het daai dae in die middag sommer net so in die gang af geloop en jou sub-skof by Die Transvaler gaan voortsit. Vandaar af is ek SAUK toe." 
  • Hy is nou bladsubredakteur by Sport24.