Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

10.5.12

Net dáár koop Piet die CD

Piet Roos (Die Vaderland 1973 tot 1979. Begin in Aucklandpark met Tom Buys as nuusredakteur en later skuif ek Kemptonpark toe. Nic Oosthuizen was die Verre-Oos-Randse man) skryf:

Hoor ek die mooiste kitaar musiek in Brooklyn en daar sit twee jongens kitaar speel. Hulle is so vol lewensvreugde en geniet dit. Ek koop net daar hul CD. 

Wat sien ek nou in K'rant (op die spogblad)? Die een outjie is Emmarentia Hutton se seuntjie! (Berig HIER.) Emmarentia was deel van die gekultiveerde kunsredaksie. Ons het jare terug by Die Vaderland haar Wortels genoem, want sy was ’n vegetariër, iets wat ons nie eintlik geken het nie.

Het eenkeer by haar woonstel so ’n vrugte- en groentesadekoek geëet. Was baie lekker. Klein wêreld, nê?

Ja, van die afgesorwenes wat ek kan byvoeg: Douglas Jones, Tom Buys, Ferdie Hand, Joe Loretz, Emmie Gous, my vrou Marieta ...

Ek het vir Dougie in Upington gaan kuier. Hy trek toe ’n skryfblok nader en teken die kantoor in Aucklandpark met die hokke waar ons gesit het en begin die name invul -- "Hier Bienkie en Emmie en Japie Bosch ...