Andries Botha, immer-gewilde en joviale Perskor-joernalis is verlede Maandagoggend onverwags in sy slaap oorlede. Hieronder is huldeblyke van oud-kollegas.
29.7.13
My pa, Andries Botha
Lani Botha, wyle Andries Botha se dogter, het dié besonderhede verskaf.
Andries Jakob Botha (72) van Rooseveldt Park, Johannesburg, is in die vroeë oggendure van Maandag 22 Julie, 2013 in sy slaap oorlede. Gebore op 28 September 1940 te Steynsburg in die Oos-Kaap met Ronnie en Ana Botha as sy ouers, is hy op 17 Desember 1970 getroud met Elna Delport. Sy oorleef hom.
Andries Jakob Botha (72) van Rooseveldt Park, Johannesburg, is in die vroeë oggendure van Maandag 22 Julie, 2013 in sy slaap oorlede. Gebore op 28 September 1940 te Steynsburg in die Oos-Kaap met Ronnie en Ana Botha as sy ouers, is hy op 17 Desember 1970 getroud met Elna Delport. Sy oorleef hom.
26.7.13
Superman en die tiekieboks
HESS CUMMING skryf:: Dis nie net slimfone wat 'n koerantman uit 'n penarie kan help nie - ek onthou hoe 'n "stukkende" tiekieboks sportskrywer, Johann de Beer se bas gered het.Ná die Oggendblad-dae het ek Johann weer by die Pretoria News raakgeloop. Boks was Johann se forte en eendag moes hy 'n groot geveg in Johannesburg gaan dek. Ek is saam om 'n stoep te skryf.
25.7.13
Regstelling
Lani Botha, dogter van Andries Botha het laat weet: "my pa is om 02:00 Maandagogend, 22 Julie 2013, in sy slaap oorlede (nie aan ‘n hartaanval nie, soos K'rant berig het nie.) Dis nes hy dit altyd wou gehad het. Hy het self oor enige navraag na iemand se dood gereeld geantwoord: oorsaak: gebrek aan gesondheid. Hy het werklik salig, in my ma se arms en stil oorgetree".
K'rant vra verskoning vir die fout.
K'rant vra verskoning vir die fout.
Koos du Plessis se koerantstreke
WIM VAN DER BERG skryf: As jy by ʼn weekblad werk wat laataand sak, moet jy maar so naastenby dieselfde opofferings maak as ʼn oggendkoerant se redaksielid, skryf Wim van den Berg. Die bespreking van wat by dié uitgawe van die weekblad skeefgeloop het (of soms nié!) is immers ʼn manier om soortgelyke probleme in die toekoms te voorkom. En by die dagblad is die gewag vir die finale proef van die steen af maar altoos n langdurige proses – maar jou plig is
'n "Hippie" maak Jooste stil
PIET ROOS skryf: Wat 'n merkwaardige man was Marius Jooste! Hy het 'n "presence" gehad. As hy by 'n vertrek instap het hy oorgeneem.Eenkeer het ek hom sprakeloos gesien.In die ou Aucklandparkse gebou het hy een middag in die gang by ons kantore op die vierde vloer rondgestap. In die deur van 'n kantoor het hy gaan staan.
Kieta van den Berg, skrywer Kas van den Berg se dogter, het ook in daardie kantoor gesit. Kieta was nogal 'n hippie. Sy was klein maar het hippie klere en lang los hare gehad.
24.7.13
MVJ op soek na waar David die wortel begrawe het …
Meegaande is die laaste storie wat ANDRIES BOTHA verlede week nog vir K'rant geskryf het.
Hy is Maandagoggend, 22 Julie 2013, oorlede.
ANDRIES skryf: Ons Transvaler-manne was altyd op goeie voet met die manne van die Rooivleisbedryf. Danie Scholtz, wat nou op George woon, was hul segsman en redakteur van die tydskrif Vleis/Meat, vir wie ek gereeld geskryf het om op te maak vir die Krismishoenders (reg gespel) en ander Perskor-streke om ons op ons plek te hou – aan die onderpunt van die voedselketting.Andries Botha: obituary by daughter, Lani Botha
Andries Jakob Botha, 72, of Roosevelt Park, passed away in his sleep during the early hours of Monday, July 22, 2013. Born September 28, 1940 in Steynsburg, Eastern Cape, to Ronnie and Ana Botha, Andries married Elna Delport on December 17, 1970 and she survives.
Also surviving are his daughters Lani Botha, Anita Stohr and Elmi Botha of Johannesburg; son-in-law Robert Stohr; six grandchildren Kyle, Anja, Ruben, Jani, Zandre and Leia; one sister Nellie van Straaten; two brothers Hennie and Sito Botha; as well as several nephews and cousins. Andries’ elder brother, Vic Botha, preceded him in death.
Also surviving are his daughters Lani Botha, Anita Stohr and Elmi Botha of Johannesburg; son-in-law Robert Stohr; six grandchildren Kyle, Anja, Ruben, Jani, Zandre and Leia; one sister Nellie van Straaten; two brothers Hennie and Sito Botha; as well as several nephews and cousins. Andries’ elder brother, Vic Botha, preceded him in death.
23.7.13
Andries Botha oorlede: gedenkdiens Vrydag, 26 Junie om 12:00, Brixton
ANDRIES BOTHA, eks-Die Transvaler en -Die Vaderland, is gisteroggend (Maandag 22 Junie) om 02:00 in die huis waar hy en sy vrou, Elna, by hul dogter in Rooseveltpark, Johannesburg gewoon het, in sy slaap oorlede. Andries was een van K'rant se redakteurs en 'n staatmaker-bydraer van stories.
'n Gedenkdiens vir Andries word Vrydag, 26 Julie 2013, om 12:00 in die NG Kerk,Vergesig, Putneyweg, Brixton, Johananesburg gehou.
'n Berig oor hoe se kollegas hom onthou, volg mettertyd.
22.7.13
Viljoenskroon verloor sy glorie
19.7.13
André de Kock, die doodsveragtende uitdager
GERT COETZEE skryf: Ek kry so ’n week of wat gelede ’n boodskap van ’n verlangse kennis: Kyk gou nuus op SABC3; André de Kock het weer ’n wêreldrekord opgestel vir deur ’n vuurtonnel jaag. Op dié tydstip is ek ná (akuut) werk op pad huis toe in die blitsbus na Blouberg en ek mis die bulletin. Maar op die bus loop die gedagtes altyd flink, anders verveel jy jou daai 35 minute vrek.18.7.13
Ons is hartseer weg uit Albuquerque
CARL KÖHLER, boksskrywer en voormalige assistent-sportredakteur van Die Vaderland, het in Augustus 1973 in Perskorhaan van sy besoek aan Albuquerque, VSA vertel toe Pierre Fourie teen Bob Foster om die wêreld se ligswaargewigtitel geveg het.Voor ons aankoms in Albuquerque, was ek, Pierre Fourie, Alan Toweel
en Rory Brown van die Rand Daily Mail maar taamlik skrikkerig.
Ons was die eerste groep Suid-Afrikaners wat hier voet aan wal gesit het hoewel ons besef het dat minstens nog vier sportskrywers, twee omroepers en minstens 'n honderd ondersteuners later sou opdaag.
17.7.13
Só maak mens ... met Wildsvleis
‘n Boek oor wildsvleisresepte wat die smaakkliere tot in die Ou Testament prikkel, het pas uit die pen van Andries Botha en Willem Krog, bekende skrywer-advokaat, verskyn. Daar is tans ‘n oplewing in die mark vir wildsvleis, wat gestimuleer word deur ‘n landwye veldtog van Wildlife Ranching SA (WRSA), die verteenwoordigende liggaam van Suid-Afrika se sowat 12 000
16.7.13
Hannes se kulkunsie sorg vir scoopfoto’s
FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Joe van Buuren het ‘n rukkie gelede in K’rant berig oor die wonderwêreld van hedendaagse slimfone en hoe dit joernaliste se lewe vergemaklik. Jare gelede het die polisie maklik op ‘n kamera beslag gelê om te voorkom dat ‘n foto in die koerant verskyn. Deesdae kan enigeen foto’s, beeldmateriaal en klank op ‘n selfoon afneem en kantoor toe stuur voordat iemand kan inmeng. ‘n Regering kan ontken dat rebelle ‘n helikopter afgeskiet het soos in 15.7.13
'n Nuwe beeld vir Charl
CHARL THOM skryf: Andries Botha se storie oor sy gesels met Dot Kruger het my eie gedagtes laat teruggaan na van my eie ervarings met die formidabele MVJ. Hy was inderdaad 'larger than life' soos die gesegde lui.Een episode het plaasgevind rondom die tyd toe hy met die Hyman-broers in gesprek was oor Perskor se oorname van Repubkikeinse
Reaksie op Peet Simonis se berig op MV Jooste
WILLIE BUYS skryf: Ek wou eintlik al vroeër ‘n brief geskryf in reaksie op Peet Simonis se puik artikel waarin hy met ooglopende bewondering vertel van die positiewe kant van mnr. Marius Jooste as mens én sakeman wat ‘n magtige mediaryk opgebou het uit feitlik niks.Nou, ek was een van die mense wat taamlik oningelig was oor die blink kant van Jooste want hy was nie eintlik ‘n toeganklike man nie. En, soos Simonis dit gestel het, mense was bang vir hom omdat hy so ‘n eksentrieke en reguit persoonlikheid gehad het. Soos een van sy lofswaaiers dit gestel het, as hy in ‘n vertrek was, was almal bewus van sy aura. Ongelukkig lei laasgenoemde daartoe dat net die sappig-omstrede kant van sy lewe en optredes so ongeërgd en traak-my-nie-agtig aan sy persona gekleef het.
12.7.13
Marius Jooste had ook ’n sagter sy
PEET SIMONIS skryf: Die laaste tien jaar van sy lewe het ek nie meer kontak gehad met “oom Marius” oftewel mnr MV Jooste, besturende direkteur (destyds) van Die Afrikaanse Pers (1962) Beperk nie. Tussen die reëls deur uit die geskrifte van ander kollegas in K’rant, lei ek af dat hy daardie laaste jare nie so goed “regeer” het nie en party van hulle het nie van hom gehou nie.11.7.13
Marius Jooste, ongenaakbaar – en broos
ANDRIES BOTHA het onlangs met Dot Kruger, jare lange persoonlike assistent van Perskor-grootbaas Marius Jooste gaan gesels. Hy berig: Abrup. Kortgebakerd. Onvoorspelbaar. Kolossaal. Tog soms ongelooflik broos en kwesbaar.Dis hoe Dot Kruger Marius Jooste onthou “as ‘n man soos Marius Jooste in 'n paar woorde opgesom kan word”.
10.7.13
As die hoogste sport nie vergenoeg nie
9.7.13
‘Ek kan Wollie sien wuif’
ANDRIES BOTHA skryf oor Herman le Roux se artikel oor wyle Gert (Wollie) Wolmarans (lees hier): Wat ‘n pragtige storie! Ek kan Wollie al daar van die vliegtuig af vir die skare sien wuif. In die laat jare sestig was hy by DT as ‘n skakelman wat top-staatsamptenare moes bearbei vir DT. Hy het onder meer deur sy skakeling met Lang Hendrik van den Bergh gesorg dat Abel Jones die wêreldscoopfoto gekry het toe Bram Fischer in Corlettrylaan, nie ver van die Wanderersklub af nie, waar hy 8.7.13
Herinneringe van Piet Roos, sportskrywer
PIET ROOS skryf: Gerhard Burger se storie het my teruggevat Aucklandpark in Johannesburg toe.Ek was nog 'n vars verslaggewer toe Gerhard een dag by my kom staan en sê:
"Wil jy nie bietjie in die sportkantoor kom skryf nie? Dis voor jou gewone werk."
En daar is ek in die sportkantoor om meestal vertalings te doen.
My ondervinding van sport was, behalwe perskes steel, hoofsaaklik tennis en ek het geluister hoe my pa-hulle rugby oor die radio luister.
Ander media het beter betaal
SIPKE DE VRIES skryf: Ja, ek lees ook daardie stukkie van oorlede Frans.Ek moet sê dat die salaris daar aangedui bra power was en na my mening nie kon vergelyk word met Johannesburgse mediasalarisse oor die algemeen nie.
Ek was daardie tyd 'n hoofsub by die SAUK en het meer as dubbel dié salaris verdien. Ook het, wat destyds beskou is as die 'verdomde Ingelse pers', heelwat meer betaal. Die Star was die swakste betalende van die Engelstalige Johannesburgse koerante, maar steeds beter as Die Tranvaler en DieVaderland.
5.7.13
Wollie maak sy verskyning voor die Leeus
HERMAN LE ROUX skryf: Dis Saterdag, 19 Mei 1962. Op die lughawe van Salisbury, nou Harare, wag ek en ‘n stuk of tien joernaliste saam met ‘n paar rugbybeamptes en ‘n groepie rugbyondersteuners op die aankoms van die toerspan van die Britse Leeus.Die vliegtuig het neergestryk en die voorste deur word oopgemaak. Ons wonder wie eerste gaan uitstap - die bestuurder, kommandeur
4.7.13
Bierplesier om die koffietafel
FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Ooggetuies is meestal nie geloofwaardig as daar ‘n kamera in die omgewing is nie. Mense wat net die slag van ‘n noodlottige botsing gehoor het, wurm maklik voor die kameraman in en ‘n afleiding word ‘n ooggetuieverslag. Die Vaderland se fotograwe sou ‘n groepfoto van die vertellers neem en sodra die ware ooggetuie uitgeken is, sou hulle eenkant ‘n foto van dié neem. Dis egter nie net sogenaamde ooggetuies wat op die foto in die koerant
3.7.13
Die vingers halfslyt, maar die joernalistiek verslaaf nog
JOAN KRUGER, onder meer gewese joernalis by Die Vaderland, tydskrifredakteur van die Transvaler en redakteur van Rooi Rose, skryf: Op versoek van K’rant, so ietsie oor wat sedert Perskor in my lewe gebeur het.Die vingers mag al halfslyt wees, maar in die gees is ek steeds die joernalis wat vars van die plaas (en Potch was ook maar plaas) meer as
2.7.13
Jaap help ’n boemelaar rehabiliteer
PIERRE COETZEE het in Oktober 1972 in Perskorhaan vertel van ‘n tipiese Jaap Swanepoel-storie in Die Vaderland. Die storie se aanloop is ietwat geredigeer:"Hierdie storie is nog beter as my eerste storie oor Johannesburg se boemelaars. Ek het nou die hoofboemelaar ontdek, met die weligste
baard.
Hy was op sy dag 'n groot kokkedoor. Hoofkok op die Bloutrein. Kok in die Parlementshuis."1.7.13
Aksiefoto? Aikona!
PIET EBERSöHN skryf: Philip Deetlefs se storie oor die polisierugby in Johannesburg herinner my toe aan ‘n polisieman wat saam met my in die geslote liga by Oostelike in Pretoria gespeel het. Dit was ‘n liga waar kantoorspanne teen mekaar gespeel het sonder om te oefen. Dis meesal die “sosiale liga” genoem, maar behalwe die kuiers na die wedstryde was daar niks sosiaals aan nie.
28.6.13
Betaalstrokie laat oë water
PHILIP DEETLEFS skryf: Ai mense, my oë het sommer begin water toe ek die afskrif van die Perskor-betaalstrokie sien in Frans du Toit se vertellings (lees hier) destyds oor die tekort aan mense wat vir die koerant wil werk. R270 per maand wat na aftrekkings R188,20 geword het. Eisj …Voor ek in Januarie/Februarie 1973 by Die Transvaler begin werk het,
Evert was anders
PIET ROOS skryf nav Willie Buys se storie oor Evert van Niekerk (lees hier): Ja, Evert was anders. So half nonchalant, geloop met 'n swaai in die heupe soos ek ook aangeleer het in die dae dat ek in die staalfabrieke gewerk het.Evert het sy eie glashokkantoor neffens die nuustafel gehad. En dit was deurmekaar van papiere en foto's en knipsels.
Een middag kom hy by my staan.
"Kom saam vanaand. Ons gaan Carlton toe"
27.6.13
Praat van vars nuus
GERHARD BURGER skryf: Eintlik was ons ook maar vakleerlinge toe ons begin het. Jy moes jou spore verdien; en jou by-line. Dit was nie sommer net instap en scoops skryf nie.By party koerante het dit so gewerk: die beginners in die redaksie vertaal eers Sapa-vullers; vier reëls, soms ses. Dis waar jy leer skryf en spel.
26.6.13
Landsake g’n ligtelike kwessie
JOE VAN BUUREN skryf: Ek is in die vroeë tagtigerjare saam met ‘n groot groep mediamense op ‘n besoek aan die sogenaamde aangewese gebiede.Soos Piet Ebersöhn verduidelik, was die aangewese gebiede ‘n strook al met die noordgrens langs waar die destydse regering om veiligheidsredes die ontvolking wou teenwerk met die instelling van
Kerk en kroeg in bisarre scenario
Willie Buys skryf: Die berig oor die ou kerkie het 'n paar herinneringe by my losgemaak want ek het self heelwat met die eens heilige geboutjie te doen gehad. Eerstens het dit my laat dink aan die lekker ou saamsingliedjie uit my lank vergange rugbydae "die kerk en die bar is langs mekaar" wat ons uit volle meestal beskonke bors gepleeg het nadat die robuuste dinge van die dag op die velde gepleeg is.25.6.13
Calvyn se leringe het baie laat wroeg
GERT VAN ROOYEN skryf: Seker ‘n hele paar K’ranters het dalk in Januarie in Beeld gelees van prof. Calvyn Snyman wat in Pretoria oorlede is. Prof. Calvyn, wat van 1966-1990 dosent en later professor in Perswetenskap/Kommukunikasiekunde aan die Puk was, was seker een van die mees invloedrykste skrywers oor persetiek. Menige oud-Puk student, wat in een of ander stadium by Perskor gewerk het, ken sy beroemde (en dikwels berugte!) Pers en Leser nog baie goed.24.6.13
’n Groot joernalistetekort
FRANS DU TOIT, assistent-redakteur van Die Vaderland, skryf in Januarie 1973 in Perskorhaan: Wat het van die Afrikaanse joernaliste geword? Die manne verantwoordelik vir die personeel by al vier Perskor se koerante, soek na 'n antwoord op hierdie vraag.
Die Transvaler, Hoofstad, Oggendblad en Die Vaderland het elkeen 'n groot personeeltekort. Aan die einde van November was daar 18 vakatures by Die Vaderland alleen. By die ander het dit nie veel beter gegaan nie. 20.6.13
As water- en ander slange die ledigheid verdryf
FRIKKIE VAN DER WALT skryf: ‘n Poets is gewoonlik heelwat snaakser as ‘n mens nie aan die ontvangkant is nie. Werkers in Perskor se fabriek in Aucklandpark, Johannesburg, wat as gevolg van die maatskappy se stortvloed koerante en ander publikasies gereeld oortyd gewerk het, het tussen die versorging van die publikasies genoeg vrye tyd gehad om mekaar en ander poetse te bak.
19.6.13
Die dag toe die professor sterf
TOBIE VAN DEN BERGH, redakteur van Middelburg Observer, skryf in sy boek “Hang die redakteur”: Die dag toe alle hel losgebars het, nadat 'n wêreldbekende seding-wetenskaplike in 'n motorongeluk gesterf het. Televisieprogramme, lastereise, nadoodse ondersoeke en oor en weer beskuldigings was aan die orde van dié dag, nadat professor David Bosch van die Universiteit van Pretoria in 'n motorongeluk, op die
18.6.13
Ego ontkom net-net op Thabazimbi
PIET EBERSÖHN skryf: Philip Deettlefs stuur nou die dag een van daardie kettinggrappies per e-pos aan wat my gedagtes ver laat terugdwaal – na ‘n slag toe my ego genadiglik ‘n ernstige knou gespaar is.
Dit was in die eerste helfte van 1979 en die vleisboere het swaar getrek. Hulle het ‘n vergadering in die Yskorsaal op Thabazimbi gereël
Dit was in die eerste helfte van 1979 en die vleisboere het swaar getrek. Hulle het ‘n vergadering in die Yskorsaal op Thabazimbi gereël
14.6.13
Vertroue sleutel tot Roelf se sukses
HERMAN LE ROUX skryf: Die gerespekteerde rugbyskrywer wat die laaste paar dekades van sy joernalistieke loopbaan gesaghebbend oor renperde kon skryf.Só onthou ek Roelf Theunissen, voormalige sportredakteur van Die Volksblad wat ’n draai by Perskor gemaak het en as wedrenredakteur van Beeld op die Vaal-renbaan gesterf het.
13.6.13
Maer Engelse had fris Boere verleë
PIET ROODT skryf: Ek is pas by Die Transvaler aangestel toe ek gestuur word om ’n storie te gaan doen oor ’n Engelse toutrekspan wat die land kom besoek het – blykbaar die heel eerste keer.Om die okkasie te vier, het die organiseerders wyle oom Bull Hefer gevra om ’n paar stoeiers te bring om teen die klein Engelsmannetjies te kom toutrek, sodat ons hulle kan wys ons Boere word nie sonder handskoene aangepak nie.
12.6.13
Philip voorspel die sterre
PHILIP DEETLEFS skryf: Rika van Graan se vertelling oor hoe sy die weervoorspellings van Sapa moes vertaal en sommer self voorspel het, het my laat dink oor die blokkie wat destyds daagliks in Die Transvaler aangebied is vir die bygelowige Thomasse onder die koerantlesers. “Die Sterre Voorspel”.Wat daagliks met jou kon gebeur, is vir jou in hierdie diereriem-blokkie
voorspel. Een van my take as jong verslaggewer was om Die Sterre Voorspel te vertaal.
11.6.13
André se bier word koffie
10.6.13
Die aand toe Wim byna as Mej Randse Paasskou gekroon is
WIM VAN VOLSEM skryf: Die Vaderland was mos destyds ‘n middagkoerant, wat beteken het dat “die volk” dit in die aand by die Portugees se kafee op die hoek gekoop het, saam met die brood en die potjie botter en ’n pakkie Chesterfield.Ons moes toe 07:30 in die oggend aanmeld in die redaksiekantoor in Aucklandpark. Ons het toe in ’n dwalende swewende sirkeltjie gestaan
Liefte word waardeer
Piet Roos, ‘n gewaarde oudkollega, vriend en bydraer, was so ontroer deur Tobie Van den Bergh se uittreksel uit sy onlangs verskene boek onder die opskrif God is Liefte dat hy dit aan al sy vriende gestuur het. Piet het dit as ‘n “fantastiese” berig beskryf.
Thisj Nel, voormalige kunsredakteur by Die Vaderland skryf: Ek het hierdie storie aangrypend gevind; net weer ‘n bewys dat die Genade anders werk as wat ons besef.
Andries Botha: Dis darem werklik ‘n pargtige storie van Tobie af. Dit is nou ware, meelewende joernalistiek op sy beste.
Piet Ebersohn: Ek skat dis dié soort storie wat inhoud gee aan die betekenis gemeenskapskoerant teenoor plaaslike koerant.
Liefte!
Thisj Nel, voormalige kunsredakteur by Die Vaderland skryf: Ek het hierdie storie aangrypend gevind; net weer ‘n bewys dat die Genade anders werk as wat ons besef.
Andries Botha: Dis darem werklik ‘n pargtige storie van Tobie af. Dit is nou ware, meelewende joernalistiek op sy beste.
Piet Ebersohn: Ek skat dis dié soort storie wat inhoud gee aan die betekenis gemeenskapskoerant teenoor plaaslike koerant.
Liefte!
7.6.13
Stokou kerkie op ons perseel in Doornfontein
Neffens die nuutste koerantgebou in die land en skuins oorkant een van die bedrywigste kroeë (Vegkop – Red.) in Johannesburg, staan die ou kerkie. Dié hout-en-sinkgeboutjie is vir Perskor se strome werkers wat hulle daagliks daar verbyhaas nie eens 'n tweede kyk werd nie, berig Perskorhaan in Februarie 1977.
Dié einste ou kerkie maak Perskor 'n unieke koerantmaatskappy. Ons is die enigste persgroep ter wêreld wat met 'n eie kerk op ons eie perseel spog.6.6.13
Intervarsity – van Vegkop tot die Elgro
PIET EBERSöHN skryf: Op ’n weeksaand in Augustus 1977 het ’n klompie oud-Pukke in Vegkop gesit en lamenteer oor die Pukke se powere kans om die Kovsies se Shimlas daardie Saterdag in die jaarlikse intervarsity tussen die twee spanne te klop.Twaalf lede van die Shimlaspan het daardie jaar vir die Vrystaat gespeel (ses van hulle was Springbokke), die sterkste Shimlaspan in die
5.6.13
As ‘n ‘fondle’ te warm raak!
4.6.13
Dobbelfnuiker krap Diamond se kaarte deurmekaar
FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Een aand saal ons weer in Vegkop vir ‘n loopsoop af. Ons het skaars met die eerste bier klaar gespeel of kroegman Danie kondig aan iemand koop vir die hele kroeg ‘n dop. ‘n Rukkie later word ons weer van ‘n geskenkdop in kennis gestel. Ons gaan kyk wie is ons weldoener en kry hom by Vegkop se baas Diamond se dobbelkring. Die manne dobbel geesdriftig om ‘n hoop note op die toonbank. Toe merk een van Perskor se vakleerlinge op dis meer geld
3.6.13
Gary Player het ’n gewigsprobleem met die July
DIRK BENADE skryf: Dis Vrydag voor die Rothmans July Handicap. Ek en die goeie ou siel en fotograaf, Jack Fenix, sit in die Lonsdale-Hotel in Durban, na-aan die strandfront. Ons deel die kamer om koste te bespaar omdat ons ook manskoeldrank wil drink. Met die “normale” voorskot was dit wensdenkery. Dit kos ons geld om die July te dek -- my eie geld en ons is besig om die koerant en Rothmans te borg. Daarom was dit van kritieke belang om met Gilbeys se
Teken in op:
Plasings (Atom)






