
Wat daagliks met jou kon gebeur, is vir jou in hierdie diereriem-blokkie
voorspel. Een van my take as jong verslaggewer was om Die Sterre Voorspel te vertaal.

As ek weet wanneer een van my kollegas verjaar, het ek Die Sterre Voorspel vir daardie dier van die diereriem se verjaarsdagmense eintlik net vir my kollega geskryf.
Dit het veral goed gewerk as jy nog van een of twee van sy bewegings van die volgende dag sou geweet het. Iets soos “vandag moet jy veral ligloop indien jy op die pad van Aucklandpark na Randburg moet bestuur”.
Nou sal hy veral oplet wat met hom gebeur wanneer hy na die geleentheid gaan wat jy geweet het hy in Randburg moet bywoon en amper enigiets koppel aan wat die “Sterre” vir hom voorspel het.
Jy weet hy gaan Die Sterre Voorspel lees en dit persoonlik opneem. Soos seker baie ander lesers iets op die dag sou oorkom, goed of sleg, en dan dink Die Sterre Voorspel was wraggies weer in die kol!