Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

10.6.13

Liefte word waardeer

Piet Roos, ‘n gewaarde oudkollega, vriend en bydraer, was so ontroer deur Tobie Van den Bergh se uittreksel uit sy onlangs verskene boek onder die opskrif God is Liefte dat hy dit aan al sy vriende gestuur het. Piet het dit as ‘n “fantastiese” berig beskryf.

Thisj Nel, voormalige kunsredakteur by Die Vaderland skryf: Ek het hierdie storie aangrypend gevind; net weer ‘n bewys dat die Genade anders werk as wat ons besef.

Andries Botha: Dis darem werklik ‘n pargtige storie van Tobie af. Dit is nou ware, meelewende joernalistiek op sy beste.

Piet Ebersohn: Ek skat dis dié soort storie wat inhoud gee aan die betekenis gemeenskapskoerant teenoor plaaslike koerant.

Liefte!