Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

11.6.13

André se bier word koffie

HERMAN SNYMAN skryf in Hanekraai van Oktober, 1970:  André du Toit, Die Vaderland/Dagbreek en Landstem/Hoofstad se Londense verteenwoordiger, het op 'n goeie dag in September op 'n sypaadjie in Beiroet gesit en bier drink - helder oordag en in werktyd.


Terwyl hy nog proe-proe die skuim in die glas met sy tong bewerk het, het 'n bom skielik met 'n donderende slag skuins agter hom ontplof.

André du Toit
Die nimlike André het, soos dit 'n goeie koerantman betaam, ‘n storie oor die voorval aan Die Vaderland en Hoofstad gestuur. Eenders bewoord. Hy het eerlik, sommer so in die inleiding vertel dat hy besig was om bier te drink -- hoewel hy nie laat weet het hoe groot hy geskrik en wat met die slag van die bier geword het nie. Ons kan maar net raai.

Tom Buys, die verligte hoofsub van Die Vader land en 'n man wat van sy biertjie hou, het Andre se storie onveranderd geplaas, bierdrinkery en al.

Maar Hoofstad het anders besluit. Hulle het die bier met koffie vervang.

Hoekom kan 'n mens maar net raai. Ek verskaf drie moontlike redes:

• As jou redakteur predikant is, moet 'n sub ligloop! Jy kan mos nie aan jou lesers vertel hoe jou verslaggewers op straat sit en bier drink nie.

• Pretorianers hou nie van bierdrinkery op sypaadjies nie.

• Die sub het gereken dit is sy dure plig om André se goeie naam te beskerm. Nou-nou kry mnr Otto Schwellnus die berig onder oë.

Andries Treurnicht
AM van Schoor
Nietemin, dit kan net hier op rekord gestel word dat dr AP Treurnicht (Hoofstad se redakteur) op 'n terloopse navraag van mnr AM van Schoor (Die Vaderiand se redakteur) namens André (!) dit onomwonde gestel het dat hy geen so 'n opdrag gegee het nie.

Een ding is egter seker: die Pretorianers glo nou dat André hom ver oor die see soos 'n ware Pretorianer gedra het. Die Vaderland se lesers het egter hul bedenkinge!

• Enkele maande later het dié storie weerklank in The Star se rubriek, “Stoep Talk” gevind. Hanekraai van Februarie 1971 berig dat daarin soos volg geskryf is:

Beer or coffee?

Who says an Afrikaner has no sense of humour? If you, read "Hanekraai," house magazine of Afrikaanse Pers, you will find evidence of verlig, verkramp, brave sub-editing and even braver editing.

André du Toit, the group's London correspondent, who also covers Middle East affairs, filed a story from Beirut about a bomb explosion.


A translation of his report from Die Vaderland reads: “Yesterday afternoon bomb exploded on a terrace a few yards from where a British journalist and I were, having a beer.

This is the introduction to the same story in Hoofstad, edited by the Rev Treurnicht in Pretoria: "Yesterday afternoon a bomb exploded on a terrace a few yards from where a British journalist and I were having coffee."

Tom Buys, Die Vaderland's chief sub-editor used the story as received even if Andre du Toit was having a beer during working hours.

But Dominee Treurnicht’s chief sub had second thoughts. With a dominee as an editor you have to watch your step; Pretorianers, after all, don't hold with pavement beer drinking.

But there is a bit of fun in all this. Editor Treurnicht gave no instruction for beer to be changed to coffee… it was purely a sub-editorial colleague trying to preserve André du Toit's image.

Pretorianers believe the image of coffee-drinking in Beirut. Die Vaderland readers believe in André as a typical red-blooded journalist… anytime is the right time.