Voor ons aankoms in Albuquerque, was ek, Pierre Fourie, Alan Toweel
en Rory Brown van die Rand Daily Mail maar taamlik skrikkerig.
Ons was die eerste groep Suid-Afrikaners wat hier voet aan wal gesit het hoewel ons besef het dat minstens nog vier sportskrywers, twee omroepers en minstens 'n honderd ondersteuners later sou opdaag.
Pierre Fourie |
Voor ons aankoms het ons verneem dat die grootste deel van die bevolking uit Negers en Mexikane bestaan en dat 'n handjievol Indiane en blankes ook daar woon.
Wat was ons verrassing groot toe 'n vroue-stem in suiwer A.frikaans wou weet: "Wie van julle is Pierre Fourie?"
Ons het gou verduidelik dat ons maar simpele koerantmanne is en dat die groot leeu daar voor iewers loop. Sy was mev Greta Havermahl (voorheen Lombard) van Pretoria en sy en haar Amerikaanse man, George, het drie weke vroeër hier aangekom.
“Ek was só bly toe ek verneem dat Fourie hier kom boks. Ek het so lanklaas Afrikaans gepraat. My man verstaan die taal, maar kan dit nie praat nie. As ek iets vir julle kan doen, moet julle net sê," het mev Havermahl belowe.
Bob Foster |
Hulle praat min, glimlag feitlik nooit en woon in pondokke. Hulle is 'n verbitterde volk. Hul huise lyk slegter as die waarin ons Bantoes buite Johannesburg woon.
Ons is ook nie toegelaat om foto's in die reservate te neem nie, maar het 'n paar "gesteel".
Toe ons na ons aankoms op die lughawe by die luuksehotel aankom, sou ons verneem dat ons hoogwaardigheidsbekleërs is. Twee skakelbeamptes was tot ons beskikking. Hulle was mev Anne Martin en mnr Joe E Taylor.
Mnr Taylor het later in ons kamer 'n dop Oude Meester geniet en gaande geraak daaroor. Hy het ons verseker dat enigiets wat ons verlang, ons sal kry.
Ons was verbaas oor die rooi tapyt, maar dit was ook so. Hulle het uit hul pad gegaan om ons behulpsaam te wees. Daar was in 'n stadium selfs sprake dat promotor Paul Chavez ons hotelrekeninge sou betaal, maar dit het nie gebeur nie.
Die Four Seasons Hotel waar ons gewoon het, is maar twee jaar oud en is glo een van die modernste in Amerika. Die diens was gewis vyfster-gehalte.
Die binneplein van die hotel is met 'n glasdak bedek en daar is 'n verhitte swembad wat in die somer nutteloos is. Dit is langs die swembad waar Fourie se oefenkryt gestaan het.
Wanneer Fourie daar geskerm het, was dit soos 'n bakoond. Hy het later nie meer in die middae geskerm nie, maar redelik vroeg in die oggend.
Die ander koerantmanne het streep-streep begin aankom. Eers was dit Geoff Clark van The Star, toe Phil Zaayman van Rapport, toe Sarel van der Westhuizen (wat op eie stoom daar aangekom het) en Wessel Oosthuizen, wat eers 'n draai by sy gunsteling-sanger, Jerry Vale, loop maak het.
Die laaste twee wat hul opwagting gemaak het, was Gerhard Viviers en Kim Shippey van Radio Suid-Afrika. Dit was 'n lekker groepie bymekaar en die mense van Albuquerque het ons later as hul eie aanvaar.
Ons het Mexikaanse en Chinese kos geëet dat dit later by ons ore uitgekom het en hulle kon nie genoeg aanbiedinge doen om besienswaardighede te besoek nie.
Ons was selfs bo op hul plaaslike berg. Dit is 'n deel van die beroemde Rocky Mountains.
Dan is daar die ou Mexikaanse gedeelte van die stad. Daar het ons sombrero's gekoop. Het die manne by die huis belowe om vir hulle hoede te koop.
In 'n stadium van ons verblyf het Phil Zaayman verneem dat sy vrou, Louise, 'n dogter ryker geword het. Voor dit was hy baie bekommerd. Ons het egter die groot geleentheid feestelik herdenk en van ons gashere het ook van die geleentheid gebruik gemaak om Phillie se dogter se kop nat te maak.
Die geveg self het baie mense verras. Fourie het verloor, maar het vyftien rondes teen die magtige Foster gehou. Baie mense het gemeen dat hy nie twee rondes op sy voete sou bly nie.
Die ondergrondse stadion op die kampus van die Universiteit van Nieu-Mexiko, was iets om te sien. As ons maar so 'n stadion in Suid-Afrika kan hê.
Die dag toe ons vertrek, was ons baie hartseer, maar daar was darem die troos dat ons terugkeer na die land van melk en heuning.