Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

19.6.13

Die dag toe die professor sterf

TOBIE VAN DEN BERGH, redakteur van Middelburg Observer, skryf in sy boek “Hang die redakteur”: Die dag toe alle hel losgebars het, nadat 'n wêreldbekende seding-wetenskaplike in 'n motorongeluk gesterf het.

Televisieprogramme, lastereise, nadoodse ondersoeke en oor en weer beskuldigings was aan die orde van dié dag, nadat professor David Bosch van die Universiteit van Pretoria in 'n motorongeluk, op die
N4-hoofweg gesterf het. Dis op dieselfde plek waar die komediant, Tolla van der Merwe, 'n paar jaar later sy lewe in 'n motorongeluk sou verloor.

Op 15 April 1992 het prof Bosch ‘n voertuig in digte mis verbygesteek en trompop teen 'n ander voertuig gebots.

Prof David Bosch
Die Middelburgse nooddiens het in die spervuur beland, omdat hulle volgens die eerste motoriste op die toneel, nie betyds opgedaag het nie en eintlik vir prof Bosch se dood verantwoordelik was.

Tydens 'n nadoodse ondersoek het landdros VB Cooke gesê dat geen bevinding gemaak kon word dat enige persoon vir prof Bosch se dood verantwoordelik gehou kan word nie.

'n Private ambulansdiens van Belfast, wat gekritiseer is oor sy optrede dié middag, het later 'n lastereis teen Middelburg Observer ingestel.

Die bekende mediaprokureur, Sam Norval, het die koerant verteenwoordig. Tydens 'n daglange ondersoek van Middelburg tot by Waterval Boven, het Norval saam met joernaliste elke stukkie inligting oor die betrokke ambulansdiens ingesamel. Skokkende nuwe inligting van wangedrag deur personeel van die ambulansdiens het aan die lig gekom.

'n Ambulansman van die Middelburgse stadsraad het in'n beëdigde verklarlng vertel hoedat dié ambulansdiens by die Middelburgse hospitaal opgedaag het met twee bejaardes agterop 'n bakkie. By hulle aankoms was die bejaardes reeds dood. “Hulle het gesê dit maak nie saak nie, net solank hulle hulle geld kry."

Middelburg Observer kon nie wag om hof toe te gaan nie, maar die ambulansdiens het sy deure gesluit en verdwyn.

• Eksemplare van Hang die Redakteur kan teen slegs R99.99 stuk by marianav@lantic.net of 072/220-1568 bestel word.