Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

25.6.13

Calvyn se leringe het baie laat wroeg

GERT VAN ROOYEN skryf: Seker ‘n hele paar K’ranters het dalk in Januarie in Beeld gelees van prof. Calvyn Snyman wat in Pretoria oorlede is. Prof. Calvyn, wat van 1966-1990 dosent en later professor in Perswetenskap/Kommukunikasiekunde aan die Puk was, was seker een van die mees invloedrykste skrywers oor persetiek. Menige oud-Puk student, wat in een of ander stadium by Perskor gewerk het, ken sy beroemde (en dikwels berugte!) Pers en Leser nog baie goed.

Prof Calvyn Snyman
Prof. Calvyn, só gedoop deur sy studente weens sy streng Calvinistiese sieninge oor die pers en die lewe in die algemeen, was einltik ‘n baie dierbare en geduldige dosent en mens. Hy het altyd uit sy pad gegaan om jou te help met probleme (en daarvan het studente genoeg gehad!).

Wat baie min K’ranters dalk nie weet nie, is dat Prof. Calvyn in die sestigerjare deel was van Die Transvaler se redaksie, en het daarna redakteur geword van Die Suidwester. Hy word in 1966 dosent in Perswetenskap (soos dit destydse bekend was) aan die Puk en het kort daarna sy meestersgraad met Pers en Leser verwerf en ook later sy doktorsgraad behaal.

Sover ek kan onthou moes die volgende oud-studente van prof. Calvyn, wat latere redaksielede by een of ander Perskor publikasie was, deur Pers en Leser (myne was nog so ‘n oranje een!) wroeg: Cobus Scholtz,  Arrie de Beer, Johann de jager, Pieter Mulder (huidige VF+ leier) , Ian Smith, Ina Botha, Annemarie Mischke, Frans Scheepers, Piet Coetzer, Koos Roelofse, Johan Esterhuizen, David van Rooyen, Johan van Wyk, Annelize Slabbert, Estelle de Bruiyn , Gert Coetzee, Nic Kruger, Peet van Staden, Carénè Boshoff, Jan van Vuuren en Joan Kruger.

Prof. Willem de Klerk was ‘n kollega van prof. Calvyn.