Jakkie Groenewald het laat weet dat Sieg van Niekerk, voormalige motor-redakteur van Die Transvaler, is verlede week aan kanker oorlede.
13.10.14
Sieg van Niekerk oorlede
Jakkie Groenewald het laat weet dat Sieg van Niekerk, voormalige motor-redakteur van Die Transvaler, is verlede week aan kanker oorlede.
10.10.14
Die SEWENTIGERS en hul "nuwe" koerant
JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: ELKE bedeling het sy eiesoortige “geite” waarvoor daardie tydsgreep bekend is. Niks is solied gegiet nie. Al wat vas en seker is is dat niks vas en seker is nie. Dikwels kan hierdie tydperke in dekades ingedeel word.Die dekade van 1960 – ’70 het behoort aan die sg. sestigers. Hul vrye denke, gedigte en storielyne het die grense partykeer erger getoets as wat die Nasionale Party kon platklap en in die grond inboor: André P. Brink, Etienne Leroux, Jan Rabie, Breyten Breytenbach en kie ...
7.10.14
Nardus Nel is baie siek
![]() |
| Nardus Nel |
Hy was destyds 'n fotograaf by Die Vaderland saam met my. Hy het van die Oosterlig gekom, as ek reg onthou, en ons het saam gewerk in Aucklandpark. Nardus het nooit met 'n suur gesig rondgeloop nie, en altyd geglimlag.
Ek het daardie jare 'n kamera by Nardus gekoop, en betaal, Bienkie! Dit was 'n Minolta Autocord.
6.10.14
Johan Moolman oorlede
PIETER SCHOOMBEE skryf: Piet Roos vra Vrydag in K'rant wat geword het van Johan Moolman, vroeër sake-joernalis by Die Transvaler. Hy is op 8 Junie verlede jaar aan kanker oorlede nadat hy so 30 jaar lank die eienaar en redakteur was van Cape Business News. Dis steeds 'n suksesvolle sake-koerant in die Kaap. 3.10.14
Waar is Johan?
PIET ROOS vra: ´n Vriend vra my wat geword het van Johan Moolman wat destyds by Die Transvaler se sake-redaksie gewerk het? Weet iemand?
(Oud-kollegas kan met graagte dié forum gebruik om ander oud-kollegas te probeer opspoor. -- Red.)
(Oud-kollegas kan met graagte dié forum gebruik om ander oud-kollegas te probeer opspoor. -- Red.)
2.10.14
Piet betaal sy weddenskap na 40 jaar
PIET ROOS skryf: In Maart 1973 het ek die grootmens-wêreld van die joernalistiek betree.Dit was die wonderlikse plek waar dinge gebeur het. Ons het elkeen 'n tikmasjien gehad, in ons hokkies gesit en stories op "seksie"-papier getik en die blaaie met kopspelde aanmekaar vasgesteek.
Toe ek meer as dertig jaar later op Upington by Douglas Jones kuier, trek hy 'n skryfblok nader en teken die hokke.
1.10.14
Gerhard is hoof van Bienkie se bewonderaarsklub
Die blote feit dat Bienkie Wessels van haar laat hoor het en dan nog op so 'n heerlike lekkerlees manier, het nie net K'rant se redaksie beïndruk nie.GERHARD BURGER skryf: Bliksem! Daardie Bienkie Wessels kán skryf. Van kleins af. Nou nog. Laat weet haar ek is steeds hoofkommandant van haar fan club. Nog al die jare. (Jy het 'n vrag mededingers Gerhard - Red.)
30.9.14
Bienkie onthou die lekker van haar kollegas
BIENKIE WESSELS skryf: Dis die sien van Japie Bosch (Betaalmeester - of so iets?) se naam wat my doerie goeie dae laat onthou en besiel om iets te begaan.Immer hulpvaardig, het Japie meermale bygedra as hy merk iemand sit en kraam; en wanneer die betrokke ou dan 'n blaaskans vat en 'n draai gaan loop, voeg hy gou iets tot die storie by.
Sy wenke het nogal gehelp. Kan nie onthou dat ek hom ooit met iets bygekom het nie, maar hy't 'n mens gedryf tot 'n paar groot woorde - daardie tyd was donner 'n yslike swetswoord - en dan was die breinverbindings beter en kon jy verder skryf.
26.9.14
Len, sanger soos min, sing met Min
Verlede week het Hanlie Swanepoel-Vornberg onder meer van Len Lindeque se bekering vertel. In daardie tyd het Len ook langspeelplate gemaak. In Perskorhaan van Augustus 1972 het die volgende berig verskyn:"Ná my ernstige motorongeluk verlede jaar waarin ek amper gesterf het, het ek besluit om my talente in belang van Christus en sy werk te wy ... “
23.9.14
Jammer, Hanlie
'n Webjoernal het nie 'n drukkersduiwel nie, seker maar 'n kuberduiwel. Dié duiwel het gister met Hanlie Swanepoel-Vornberg se storie gelol. Dele daarvan het verdwyn. Dit is later reggestel. Die volledige storie is HIER.
22.9.14
Die Hugenoot en die Viking
HANLIE SWANEPOEL-VORNBERG skryf: Dit was vanoggend lekker om oor Hermie te lees. So bly hy is nog met ons en dat dit goed gaan met hom.Die joernalisteskool was oorkant 'n ry tydelike kantore waar die redaksie van Motorgids gehuisves was.
Motorgids was, soos die naam aandui, 'n motortydskrif en die redakteur was die aantreklike Jan Olivier.
17.9.14
Onder Len Lindeque se vlerke
HANLIE SWANEPOEL-VORNBERG skryf: Len Lindeque se kantoor was reg langs myne by die Rooi Rose-redaksie. Ons was in die "agterbuurtes" van die gebou.Ek en Elma van Vuuren, later Elma Meyer, was die kuikens in die redaksie. Len was ons mentor en het ons onder sy vlerke geneem.
In sy oorvol, slordige maar karaktervolle kantoortjie het hy meestal kop onderstebo by sy oorhoofse projektor sit en werk.
Regstelling
Hermie Hendriks sê sy oudkollegas moet nugter bly?
Waar kom julle daaraan?
Die stukkie goeie raad van Hermie was deel van 'n foto-byskrif wat in die slag gebly het en in die redakteur se agterkop vasgesteek het toe hy die kop vir die storie geskryf het. Bly goeie raad ...
Waar kom julle daaraan?
Die stukkie goeie raad van Hermie was deel van 'n foto-byskrif wat in die slag gebly het en in die redakteur se agterkop vasgesteek het toe hy die kop vir die storie geskryf het. Bly goeie raad ...
15.9.14
“Bly nugter” waarsku Hermie
HANS LOMBARD skryf: Op Vrydag 5 September het ek Hermie Hendriks en sy dogter Hermien by die tuiste vir bejaardes, Huis Hoëveld, net agter die Wesparkbegraafplaas, Johannesburg, gaan oplaai vir ‘n heerlike middagete by die ou bekende Thunder Gun Steakhouse in Blackheath, Johannesburg.Hulle doen al sake sedert 1968 en Hermie sê in sy Vaderland-dae het hy en van die manne gereeld daar geëet. Sy dogter, Hermien, bly ook in Huis Hoëveld. Sy kyk goed na haar pa. Sien hom feitlik elke dag. Hermie het mooi herstel nadat hy vroeër vanjaar geval het. Hy loop nie meer met ‘n loopring nie en het self aangestap na die motor.
9.9.14
Koei red my uit verknorsing
HANS LOMBARD skryf: My ma het my altyd gewaarsku: “Moenie met vreemde meisies ‘n geselskap aanknoop nie.” Maar soos ‘n mens ouer word en 21 verbysteek, dink jy mos jy kan al self dink en nie dis onnodig om altyd ma se raad te volg.Só gebeur dit een Sondagaand op die lughawe in Parys, Frankryk. Ek was op pad terug Londen toe op die goedkoop vlug wat om middernag sou vertrek. Dis 00:30 en ‘n beampte kondig aan die vlug is vertraag en ons word getroos met sjampanje.
3.9.14
Hanlie vertel self
HANLIE SWANEPOEL-VORNBERG skryf: Ek het toevallig by ´n familielid van K´rant gehoor en natuurlik dadelik gaan loer. Jou wrintigwaar daar het intussen sommer dadelik 'n hele paar mense oor my geskryf en my ná al die jare in die buiteland onthou!Ek was een van die agt wat destyds die eer gehad het om Perskor se joernalisteskool by te woon. Ons was vier vroue en vier mans, het almal wonderlik met mekaar oor die weg gekom en was groot bewonderaars van Hermie Hendriks.
29.8.14
Hanlie se storie vervolg
SUZELLE FOURIE skryf: Ek het Karin Pretorius se bydrae oor Hanlie Swanepoel en haar lewe in Oostenryk met plesierige belangstelling gelees. Ek onthou nog vir Hanlie van die vroeë sewentigerjare, toe ek ‘n onervare groentjie-verslaggewer by Die Vaderland was en sy een van die gelukkiges wat ordentlike opleiding in Perskor se joernalisteskool ontvang het.26.8.14
Doodluiters beland Hanlie in Oostenryk
KARIN PRETORIUS skryf: Tant Bybie Hyman Van Rooi Rose se opdrag aan my was baie duidelik: jy kom nie terug van Oostenryk sonder die onderhoud met Hanlie Swanepoel in Wene nie.Hanlie het die baie gewilde rubriek ‘Doodluiters’ in Rooi Rose behartig – ‘n rubriek wat nog deur die redakteur van destyds, wyle Marthie Snyman, aan haar gebied is en wat op 14 Julie 1971 sy eerste publikasie gesien het.
21.8.14
Prinse en boere voor Herman se lens
KARIN PRETORIUS skryf: Tydens die bosoorlog in die ou Rhodesië was ek bevoorreg om in September 1979 as die enigste genooide joernalis die huwelik van min PK van der Byl met prinses Charlotte von Liechtenstein in hul familiekasteel in Waldstein, 25km suid van Graz in Oostenryk, by te woon.Mnr Van der Byl was toe die minister van vervoer, krag en poswese in die nuwe kabinet van Zimbabwe-Rhodesië en 'n gebore Kapenaar.
6.8.14
Oor knorpotte en gesteelde toebroodjies
GERT COETZEE skryf: Oom Mike van Niekerk bel my op ’n aand toe ek die Ooste vir Die Transvaler beman; ek moet die een of ander storie dringend gaan doen, foto’s neem en dit so gou doenlik deurstuur vir die volgende oggend se uitgawe.Ek vertel vir Oom Mike my Skottie, McDonald, is siek en ek moet hom dadelik veearts toe vat. Oom Mike sê hy is jammer om dit te hoor, hy het nie mense om die storie te doen nie en as ek dit nie doen nie, ek my toekoms by die koerant gerus maar die volgende dag met Die Pous moet bespreek.
1.8.14
Boom slinger oor Dirk se pad
DIRK BENADÉ skryf: Destyds, ná n goeie dag weddenskapsgewys by die perderenbaan en 'n vreemde klein wit pilletjie op die verkeerde tyd gesluk om my gestel te laat herstel, is ek op pad terug kantoor toe met Perskor se Volkswagen Passat.Die uitwerking van die wit pilletjie was toe om my onverwags en agter die stuur van die Passat aan die slaap te sus. Net toe ek aan die slaap raak, het 'n yslike groot boom voor my oor die pad gestap met gewelddadige gevolge.
30.7.14
Woonstelmaats na 40 jaar weer bymekaar
GERT VAN ROOYEN skryf: Ná byna vier dekades is die drie woonstelmaats weer verenig! Ja, dit was voorwaar ʼn reünie in die kleine toe Joe van Buuren (links), Alwyn Strydom (regs) en Gert van Rooyen mekaar by die Perskor-reünie op 31 Maart raakloop. Dit was in die middel jare sewentig toe dié drie besluit het om ʼn woonstel in Bordeaux, Randburg, te betrek. Die woonstelblok was reg langs die Braamfonteinspruit, waar die laaste episodes van die befaamde Transvaler-produksies se Don Spaghetti- en Don Ravioli-film geskiet is, en die drie was natuurlik ook karakters in die film! Later het Danie Malan (wat toe net van Australië af teruggekeer het) ingetrek en mettertyd nog een of twee ander mense so deur die loop van die jaar! Maar, dit was lekker ou dae en aande, waar tequilas met suurlemoen en sout weggesluk is en ‘n hele paar samekomste (tot die ergenis van die ander inwoners) naby Dittonlaan 10, Aucklandpark gehou is.
25.7.14
Moordlyste en dodelike draaie
FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Ek het Le Roux Terblanche in Die Vaderland se gange leer ken toe hy lesers onder die skuilnaam Karwats oor die land se vinnigste perde ingelig het. Volgens Essie se skrywe het hy Le Roux se donker kant by The Citizen leer ken toe hy op sy moordlys beland en 'n vriendskap onherstelbaar verbrokkel het.Jare gelede het ek by Die Vaderland 'n geleentheid gekry om my platsaksalaris as motorredakteur met gratis motorritte aan te vul. Ek kon tussen verskillende modelle kies en het elke week 'n motor met 'n vol tenk petrol kry om te toets.
21.7.14
Italiaanse Tshipise fnuik die sentrale
HANS LOMBARD skryf: In April 1974 was ‘n groep van ons op pad na Salisbury (Harare). Ons besluit om ‘n aand op Tshipise, iewers tussen Louis Trichardt en Messina, in Noord-Transvaal, oor te bly. Uit verskeie oorde het ons verneem dat dit so ‘n wonderlike uitspanplek is.Om 13:30 op ‘n Saterdag bel ek die sentrale van my woonstel af in Johannesburg en bespreek die oproep na Tshipise nommer 4 om plek te bespreek. Die meisie by die sentrale vra hoe dit gespel word.
16.7.14
Bang prokureurs sorg vir lekker naweek in die buiteland
PIET ROOS skryf: Rondom 1976 kom ek die storie te hore dat Suid-Afrikaanse prokureurs gaan registreer in Lesotho. Dit het hulle outomaties toelating gegee in die Statebond en kon hulle sodoende maklik landuit en in Engeland of Australië gaan werk.Ek vertel dit vir die nuusredakteur en hy sê nou hoe gaan jy die storie kry?
Ek sê ek kan dit nie kry nie, maar my vriend, 'n prokureur, sal saam gaan en hy ken die wette en hy sal die storie kan losmaak.
14.7.14
Möller Dippenaar oorlede
Möller Dippenaar, voormalige politieke korrespondent van Hoofstad, is Woensdag, 2 Julie 2014, aan ‘n hartaanval in die Eugene Marais-hospitaal, Pretoria oorlede. Hy was 72.
Die begrafnis was verlede week.
Möller wat gesond- en fiksheidbewus was, laat sy vrou, Christine, en twee dogters agter.
Die begrafnis was verlede week.
Möller wat gesond- en fiksheidbewus was, laat sy vrou, Christine, en twee dogters agter.
4.7.14
Niks is vir altyd nie
Ons verskyn nog, net nie meer elke dag nie.
Daar is net soveel gewese oud-Perskor-kollegas (wat ongelukkig elke jaar ook nog al hoe minder word) en net soveel stories wat ons uit ons vaer wordende geheues kan loskrap.
Dit beteken dat K'rant uiteindelik nie meer stories sal kry om te publiseer nie want die stories en die skrywers van die stories het opgeraak. (Hopelik hou die skrywers die langste!)
Alles het 'n begin en 'n einde. K'rant het bietjie meer as twee jaar gelede begin en vir die grootste deel van hierdie tyd elke werksdag van die week 'n vars storie gepubliseer. Ons het besef dat dit nie volhoubaar is nie.
Ons statistiek wys reeds dat die bydrae-tempo begin afneem en ons het begrip daarvoor.
Die hartseer gevolg daarvan is dat K'rant voortaan nie meer elke dag met 'n vars storie vorendag sal kan kom nie want daar is eenvoudig nie meer vyf nuwe stories wat elke week inkom nie.
Ons wil sterk aanbeveel dat enige leser wat graag wil weet wanneer K'rant 'n vars storie het, moet inteken om van die storie kennis te kry. Die alternatief is om elke dag by K'rant in te loer en self te kyk.
Hierdie aankondiging is nie die einde van K'rant nie, maar wel die einde van K'rant soos dit die afgelope byna twee jaar daagliks met vars stories die lig gesien het.
Vir enige oudkollega wat lus voel om met ons enige van jou werksherinneringe by Perskor te deel, stuur vir ons jou storie!
Om vorentoe van vars stories kennis te kry, moet jy net op K'rant inteken deur jou epos-adres te voorsien in blokkie met die opskrif "Teken in op K'rant" regs bo.
3.7.14
My NP-plakker op ‘n SAP-tante se motor
JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: Ek was as koerantman ‘n vurige Nasionale Party-man en het met groot passie en opgewondenheid deel gevorm van die verslagspan wat in die ou dae verkiesings gedek het in en om Port Elizabeth. Toe was dit Sap teen Nat.Die optelsommetjie van die destydse politiek was dikwels: Sap + Nat = BLOED. Halwe(hartige) houe slaan was nie op die spyskaart nie.
2.7.14
Mammie tik beampte terwyl Karin swem
KARIN PRETORIUS skryf: Wat was pa en ma nie trots op hul 13-jarige langbeenmeisiekind wat die skole-byeenkoms in Durban vir 55-treemeisiesvryslag 0-14 gewen het nie en daarmee in 1958 haar junior Noord-Transvaal-kleure vir swem verwerf het! Die pragtige donkerblou sakwapen met die rooi disablommetjie was tog almal se trots.Maar, die Oos-Transvaalse beampte wat voor ma op die paviljoen in die bloedige Durban-son gesit het, het nie dieselfde sentiment gedeel nie.
1.7.14
Lita leer van dissipline by Transvaler
LITA KOTZÉ vertel hoe haar pad in die joernalistiek gekronkel het: Met ‘n onvoltooide onderwysgraad het ek in 1981 in die joernalistiek beland. Ek het ná universiteit by my ouers op Randfontein gewoon en werk gesoek.Op ‘n dag loop ek in die hoofstraat, sien die bordjie van die Randfontein Herald, steek my kop by die deur in en vra vir die ontvangsdame of hulle nie werk het nie.
30.6.14
Geisja-danseres maak amok op NG Kerkraad
HANS LOMBARD skryf: Ná my besoek aan Japan in 1959 het ek ‘n boek geskryf oor my ervarings, “Straalvlug na die Ooste.” Dit is deur Nasionale Pers uitgegee.‘n Resensie van die boek deur Frans Esterhuysen het op 6 Januarie 1962 in die Evening Post, ‘n koerant in Port Elizabeth, verskyn onder die opskrif: “Afrikaner liked Japan and its women.” (Leef Frans Esterhuysen nog? Ek het hom nooit ontmoet nie - Hans.)
27.6.14
Die Valiant kom terug
FRIKKIE VAN DER WALT skryf: Perskor het só baie publikasies gehad dat die manne in die fabriek groot geld met oortydwerk verdien het. Die meeste van hulle het soggens ingeklok en laat saans huis toe gegaan. Een van die baie voormanne, Rudie Mioch, het een aand gespog dat hy teen Woensdag reeds sy weeklikse kwota ure gevul het en op Donderdag soos hy dit gestel het op tyd en ‘n half gegaan het. As hy dan nog naweke gewerk het, was dit volgens hom dubbeltyd.26.6.14
Om die storie te veroorsaak
PHILIP DEETLEFS skryf: Die Goudstadse Onderwyskollege was in die jare sewentig net om die draai van Perskor in Auckland Park en baie naby Brixton. Die polisie se blitspatrollie-eenheid met brigadier Theuns Swanepoel (die Rooi Rus) aan die roer van sake was ook in Brixton.Ek weet nie of Buks Pietersen of (klein) Dana Niehaus hierdie storie nog kan (of wil) onthou nie, maar destyds toe ek misdaadverslaggewer by Die Transvaler was, was Buks misdaadverslaggewer by Rapport.
25.6.14
Geskiedkundige Persfoto’s opgediep
SOMARIE GREY, dogter van Perskor se oprigter, Marius Jooste, het ‘n versameling kosbare geskiedkundige foto’s uit die verlede van Die Afrikaanse Pers Beperk (APB), Die APB (1962) en Perskor tot K’rant se beskikking gestel. Ons spring weg met twee foto’s wat die geboorte van die Pretoriase middagblad Hoofstad herdenk en ‘n ietsie oor die stigting van die blad.Goudstad en Hoofstad vat mekaar se hande
24.6.14
APB-man is een van wêreld se beste filmgrimeerders
JAPIE BOSCH skryf (byna 44 jaar gelede): Die APB het nou maar eenmaal baie talent in sy midde. Op die derde verdieping in Aucklandpark werk mnr John Dercksen, 'n proefleser, wat nie net as die beste grimeerdeskundige in Suid-Afrika geag word nie, maar as een van die bestes ter wêreld. ![]() |
| Uit: November 1970 |
23.6.14
Prof Chris wag met breë glimlag vir sy storie!
JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: Vroeg in 1982 moes ek as landboujoernalis ‘n artikel gaan skryf oor oorle prof Chris Barnard, meer beroemd vir sy hart-pionierswerk, maar toe skielik ook stoetboer met Simmentaler-beeste.“Hy’t ‘n plaas gekoop daar naby Sedgefield in die Suid-Kaap en het groot planne met ‘n Simmentaler-stoetery. Gaan kry die storie vir ons,” kom die opdrag van die redakteur uit die Kaap.
20.6.14
Pannekoek en piesangs prikkel die lagspiere
KARIN PRETORIUS skryf: Na aanleiding van die Ope Vraag oor snaakse onderhoude het ek twee baie snaakse ervaringe gehad wat my nou byval. Eerste 'n onderhoud met Tobie Cronjé wat op 26 April 1978 in Rooi Rose verskyn het.Die reën het neergesif op Pretoria se blink teerpaaie en ek was op pad na Tobie Cronjé vir ’n onderhoud vir Rooi Rose. Wat nuut kon ek oor die bekroonde akteur skryf wat nog nie gesê is nie en watter invalshoek kon ek gebruik, het ek gewonder?
19.6.14
Viool besorg Jacoby werk met die kwas
PIET EBERSOHN skryf: Victor Ivanoff is nie die enigste spotprenttekenaar wat op onkonvenionele wyse by Perskor se voorgangers werk gekry het nie. (Lees “Ivanoff-pêrels vir die 'swyne'.”Dagbreek se besturende direkteur, mnr Marius Jooste, het die Hongaars-gebore George Jacoby in Rome raakgeloop toe hy en kollegas Willem Schoombee en Otto Schwellnus op ‘n sakebesoek daar was. Jacoby, met sy viool, en ‘n kitaarspeler het eters in ‘n restaurant met hul musiek vergas, en soms ook by die tafels vir hulle gespeel.
18.6.14
Die vetste hond in Indië
17.6.14
Kunsredakteur nael 100 tree in 10.2s
![]() |
| Hooffoto: Thijs Nel, die atleet, in 1958. Inlas: Thijs Nel, die kunstenaar, in 2014. |
(K’rant sal graag foto’s van oudkollegas se sportprestasies wil ontvang. – Red.)
Ope Vraag 10: Is die media eerliker vandag of net nie skaam nie?
PHILIP DEETLEFS skryf: Piet Ebersöhn noem nou die dag dat die taalgebruik (en die gebruik van ons taal?) in die hedendaagse media veel te wense laat.Die jong mense van vandag gebruik allerhande snaakse afkortings om vinnig iets vir 'n maat met sy foon te vertel. Koerante en tydskrifte gebruik nie meer regtig slangetjie- en krulletjie-karakters en die destydse Scope-sterretjies om growwe taal en kaalfoto's te verbloem nie.
13.6.14
Die misterie van etaoin shrdlu
SCHALK SWANEPOEL skryf: Wat my, as oud-Linotype-operateur by Perskor betref, is die Linotype-masjien ongetwyfeld die ingewikkeldste masjien waarmee ek te doen gehad het in my loopbaan in die koerantbedryf.Dié wispelturige monster van ’n tikmasjien – uitgevind deur die Duitse horlosiemaker, Ottmar Mergenthaler en deur Thomas Edison beskryf as “die agste wonder van die wêreld” – kon ewe eens jou vriend of jou vyand gewees het.
12.6.14
Bekendes en beroemdes het saam met ons gewerk
GERHARD BURGER skryf: Ja, dit was nogal ʼn ding; die slag toe ek en JR Ewing mekaar in Londen raakgeloop het. Die Engelse het hom Larry Hagman genoem, maar ek het sommer van ou JR gepraat - dis mos hoe ons hom geken het.Eintlik het ons mekaar nie werklik raakgeloop en gegroet nie. Hy het toevallig in ʼn swart motor voor ʼn hotel stilgehou toe ek verbystap. Lekker hardegat ook. Hy’t nie eens teruggewaai nie. Hy en sy vrou, wat ʼn mens nie juis as mooi kan uitskel nie.
11.6.14
Jasper beskryf joernalis-wees meesterlik!
Nog 'n reaksie op Jasper Schellingerhout se storie oor Die chemie van joernalistiek.
LITA KOTZE skryf: Ek wil graag hoor oor of Jasper Schellingerhout se bydrae in K’rant oor die chemie van joernalistiek spesiaal en vars vir K’rant geskryf is, of het K'rant dit opgediep uit ou argiewe? (Jasper het dit eksklusief en kraakvars vir K´rant geskryf - Red.)Ek moet weet want ek is besig om dit die wêreld vol te stuur (danksy Japie Bosch, die joernaalmeester, se koevertjie onder links) aan vriende, familie en kollegas.
10.6.14
Dis mos lekkerte op lekkerte
Jasper Schellingerhout se storie Vrydag in K'rant oor wat hy noem die chemie van die joernalistiek, het 'n baie sagte plekkie in al wat koerantmens is, se harte getref. Ons plaas vandag en more die (chemiese) reaksie wat ons ontvang het.
PIET EBERSÖHN skryf: Wat ‘n lekkerte is dit nie om K’rant soggens te lees sonder enige verantwoordelikheid om dit “op straat” te kry nie. Volpunte aan die redaksie en die bydraers. Bespeur ek ‘n verdieping in die bydraes of verbeel ek my?Drie stories het my nogal die afgelope paar dae getref. Schalk Swanepoel oor die brand by Hoofstad; Estelle de Bruyn oor die moderne joernalis; en Jasper Schellingerhout oor die chemie van die joernalistiek.
9.6.14
Gerhard praat met 'n wêreldrekordhouer
![]() |
Daardie baadjie met die fênsie lapelle was al so vier of vyf jaar uit die mode toe Gerhard Burger ‘n onderhoud met Sydney Maree gevoer het. Hulle het in Rosebank, Johannesburg, gesels gedurende die jare toe Maree een van die beste middelafstand-atlete ter wêreld en Gerhard ‘n sportredakteur by Die Vaderland was. Maree, wat op Cullinan gebore is, het in 1983 die wêreldrekord oortref toe hy die 1500-meter in 3 minute 31,24 sekondes gehardloop het. Hy het die afstand later in 3:29,77 afgelê – ‘n Amerikaanse rekord wat van 1985 tot 2005 gestaan het. (Video HIER.) Hy het die myl in 3:48,83 gehardloop, die eerste Fith Avenue Mile in New York in 3:47,52 gewen, die VSA in 1987 by die wêreldkampioenskap verteenwoordig en ook as veldloper uitgeblink. Oor die tronkstraf wat hy ná sy terugkeer na Suid-Afrika uitgedien het, sê Gerhard: “Kom ons los dit eerder. Hy was ‘n ongelooflike atleet op wie ons baie trots behoort te wees.” (Foto en byskrif ingestuur deur Gerhard Burger.) |
6.6.14
Die chemie van joernalistiek

JASPER SCHELLINGERHOUT skryf: Jy kry ‘n tinteling in jou binnewerke – amper ‘n soort chemiese reaksie op ‘n plek wat jy nie eintlik weet waar dit in jou gestel lê nie – as jy iets hoor wat jy meen ander vir seker sal wil lees of wraggies móét weet.
En as jy die vermoë van visualisering in jou denke het, dan ‘sien’ jy voortydig al die storie en die opskrif (dalk op bl 1?). As ek darem die ou kan wees wat die storie breek! dink jy so ewe. ‘n Scoop verdriedubbel die adrenalien aan dié gedagte.
5.6.14
Waar is die dae?
ESTELLE DE BRUYN skryf: Waar is die dae waar daar skelm en soms nie eens so skelm nie op kantoor gedrink is, ‘n asbak op byna elke lessenaar gestaan het, snippermandjies tot oorlopens toe vol was en ‘n sub nie gehuiwer het om bulderend en vloekend oor die vloer ‘n jong joernalis in te lig wat hy van sy/haar taalgebruik dink nie.Waar is die dae dat jong joernaliste die vrees van die dood vir die nuusredakteur gehad nie en “come hell or high water” jy nie sonder ‘n storie-idee by ‘n dagboekvergadering opgedaag het nie.
4.6.14
Berig roep ou herinneringe op
SOMARIE GREY, emeritus-professor en ondervoorsitter van die Dagbreektrust, skryf: Ek sien onlangs (31 Maart 2014) die berig in K'rant oor die gruwelike motorongeluk waarin my ouers (Marius en Margeurite Jooste) en die motorbestuurder in Oktober 1973 betrokke was en hulle genadig almal dit oorleef het. Ek was daardie tyd in Boston (VSA) en het eers daarvan te hore gekom toe alles verby was. Sowel my suster Elize as broer Klasie onthou die voorval goed en het die detail aan my deurgestuur.3.6.14
Hermie Hendriks beseer
![]() |
| Hermie Hendriks |
HANS LOMBARD skryf: Hermie Hendriks wat in die aftree-oord, Huis Hoëveld in Johannesburg woon, het ‘n ruk gelede in sy eenheid geval. Hy is met ‘n ambulans na die Flora Kliniek geneem waar gevind is hy het sy heup gebreek en hy moes ‘n operasie ondergaan. Ek het hom daar gaan besoek en hy het baie mooi aangesterk. Hy is nou ontslaan en opgeneem in die siekeboeg van Huis Hoëveld waar hy besig is om te herstel.Hier's Ona!
2.6.14
Die dag toe Hoofstad vlamgevat het!
SCHALK SWANEPOEL skryf: Dit was redelik onlangs dat ek K’rant op die internet ontdek het – ’n ontdekking wat my gedagtes meer as 40 jaar teruggevoer het na die begindae van Hoofstad en Oggendblad.Laat my begin deur te sê my verbintenis met Hoofstad en later Oggendblad spruit nie uit die redaksionele sy van hierdie twee publikasies nie, maar wel uit die tegniese kant. Ná my vakleerlingskap by die Pretoria News in die jare sestig – aanvanklik as handlettersetter en later as Linotype-operateur – het ek my in 1970 by Hoofstad as Linotype-operateur aangesluit.
Teken in op:
Plasings (Atom)






