Iemand het onlangs gevra wat van Ona Viljoen geword het. Wel, sy bevind haar steeds in die Baai,waar sy na jare by die Wolraad afgetree het, met seker 'n paar duisend radio-verslae van die wolveilings agter haar naam. Maar sy bly bedrywig. Sy behartig steeds die Wolraad se elektroniese nuusbrief en het onlangs haar kennis en kontakte aangewend om Gerhard Burger se kleinkinders uit Australië te gaan wys hoe die wol in Port Elizabeth gesorteer word. Soos almal kan sien, dra Ona haar jare veel beter as Gerhard. (Foto en byskrif ontvang van Gerhard Burger. -- Red. |