My lessenaar was by die deur van die ingang van die algemene kantoor.
Daarop was net ‘n stokou tikmasjien en miskien ‘n koerant of twee. Toe ek dié oggend, gekôller en getaai daar aanland, was die een kant van die lessenaar meer as twee liniale hoog gestapel met ou spotprente.
Chou En-lai, eertydse eerste minister van Rooi China, het op ‘n tydstip hard na Afrika se steun gevry. |
Voor ek nog tyd gehad het om verder te dink, het nuusredakteur Frans du Toit (of was dit Tom Buys?) die redaksie geroep vir stories uitdeel. Daarna gaan sit en bel jy, neem notas en bel weer, jy word aangejaag en jy tik (sestien reëls op ‘n “seksie” = 4 duim).
Ná deadline het ek Ivanoff raakgeloop en hom vertel wat op my lessenaar is. “Dis my afskeidsgeskenk aan die redaksie, want ek tree af,” het hy met ‘n breë glimlag gesê. “Vertel die ander.”
Ek was hartlik in my dank en het onderneem om die boodskap aan die redaksie oor te dra.
Harold Wilson, eerste minister van Brittanje krap kop ná Ian Smith van Rhodesië se eensydige onafhanklikheidsverklaringin 1965. |
Ek raai daar was ‘n stuk of 100 of 150 (miskien meer) spotprente. Daarvan was daar net vyf wat ek wou hê. Kan jy glo! Aan die einde van die dag was daar nog ‘n klomp oor. Selfs die volgende dag ook. Hier en daar het iemand weer kom kyk. Selfs die base het die goed laat lê. (Miskien het hulle hulle eie hoop spotprente gekry.)
Die verkiesingspook besorg die Progressiewe Party se Helen Suzman en die Verenigde Party se De Villiers Graaff, Jakes Jacobs en Japie Basson slapelose nagte. Daardie verkiesing was op 30 Maart 1966. |
Ons het nie die waarde van dié geskenk wat in ons skoot geval het, besef nie. Menige koerantman en versamelaar sal seerseker vandag sy voortande daarvoor gee.
Ek het my vyf laat raam. Vier van hulle pryk hier voor my soos ek tik. Anderdag het my oudste seun een gegaps. Hulle het al baie geselsies met kuiermense opgelewer.
Die Nasionale Party met Hendrik Verwoerd as Eerste Minster stuur die Verenigde Party en sy leier, sir De Villiers Graaff, met 126 setels teenoor 39 planketoe in die 1966-verkiesing. |
‘n Rukkie voor Ivanoff se vertrek het hy vergeet om sy motorlisensie betyds te betaal. Ek was munisipale verslaggewer en hy het my gevra of ek kan help. Dieselfde dag nog het hy lisensieskyfie gehad sonder dat hy ‘n boete moes betaal.
Ene mnr Wood was die lisensiehoof. Hy was alte danig daaroor om ‘n man met die naam Victor Ivanoff te kon help.
Die volgende oggend het Ivanoff my geroep. In sy kantoor het hy aan my ‘n kleurskets van myself gegee, geteken V. Ivanoff 72 – ‘n kleinnood van ‘n beskeie man met ‘n groot naam en baie talente.
DIT was eintlik die Rand Daily Mail wat Victor Ivanoff omstreeks 1940 uit Wit Rusland na Suid-Afrika "ingevoer" het.
Die eertydse redakteur van Sunday Express en later Sunday Times, Joel Mervis, skryf in sy boek The Fourth Estate:
“Ivanoff found him on Johannesburg station with nobody to meet him. Carrying his bags he trudged from the railway station in search of the Rand Daily Mail building that was about five blocks away.
“Ivanoff spoke very little English, but managed to indicate to passers by that he was seeking a newspaper office.
"Die Vaderland, an afternoon newspaper, also had premises in the area and Ivanoff was mistakenly directed there.
"Die Vaderland did not ask too many questions. They grabbed Ivanoff. He stayed with Die Vaderland until his retirement many years later.”