Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

15.9.14

“Bly nugter” waarsku Hermie

HANS LOMBARD skryf: Op Vrydag 5 September het ek Hermie Hendriks en sy dogter Hermien by die tuiste vir bejaardes, Huis Hoëveld, net agter die Wesparkbegraafplaas, Johannesburg, gaan oplaai vir ‘n heerlike middagete by die ou bekende Thunder Gun Steakhouse in Blackheath, Johannesburg.

Hulle doen al sake sedert 1968 en Hermie sê in sy Vaderland-dae het hy en van die manne gereeld daar geëet. Sy dogter, Hermien, bly ook in Huis Hoëveld. Sy kyk goed na haar pa. Sien hom feitlik elke dag. Hermie het mooi herstel nadat hy vroeër vanjaar geval het. Hy loop nie meer met ‘n loopring nie en het self aangestap na die motor.


My vrou, Margaret, het vir Bienkie Wessels opgelaai en die vyf van ons het te heerlik gekuier. Die drie vroue met witwyn en ek die rooie. Hermie het by lemoensap gebly. Ons het lekker gelag en herinneringe uit die ou dae weer laat leef.

Hermie onthou vir Hanlie Swanepoel baie goed en vra sy moet ‘n reunie reël met al die ouens wat saam in sy joernalistieke klas was. Hermie is 89 jaar oud en sy humorsin is nog vlymskerp. Op 9 Junie volgende jaar is hy 90. Ek wil dan ‘n klein funksie vir hom reël, sommer in ‘n restaurant. Wie kom saam om te las? Elkeen betaal vir homself en die res van ons las vir hom en Hermien.
(Kontak Hans gerus by: hans.lombard@neomail.co.za. -- Red.)

Vier Vaderlanders saam by die ete met Hermie. 
Van links af is Margaret Lombard, Bienkie Wessels, Hermie en Hans Lombard.



Foto A
Hans en Hermie smul aan vis-en-tjips in die Thunder Gun.