SUZELLE FOURIE skryf: Ek het Karin Pretorius se bydrae oor Hanlie Swanepoel en haar lewe in Oostenryk met plesierige belangstelling gelees. Ek onthou nog vir Hanlie van die vroeë sewentigerjare, toe ek ‘n onervare groentjie-verslaggewer by Die Vaderland was en sy een van die gelukkiges wat ordentlike opleiding in Perskor se joernalisteskool ontvang het.
|
Hanlie Swanepoel |
My nuuskierigheid geprikkel, en as pensioentrekker met te veel ledige ure op my hande, het ek toe self op die internet gaan snuffel om te sien hoe sake deesdae met die Vornbergs gesteld is.
Dr Richard Vornberg is inderdaad ‘n vooraanstaande bankier in Parys, Frankryk, maar ‘n besoek aan hom op Facebook laat blyk dat hy en Hanlie nie meer saam is nie. Die skone dr Marina Höfinghoff, gebore in Rusland en ‘n dosent in spraakkunde, word deesdae aan die doktor se sy gesien.
Hanlie se boek is blykbaar ‘n outobiografie – oor die lewe van ‘n Suid-Afrikaner in Oostenryk.
Nou ja, dis seker irrelevant, maar tog interessant!