Ek vertel dit vir die nuusredakteur en hy sê nou hoe gaan jy die storie kry?
Ek sê ek kan dit nie kry nie, maar my vriend, 'n prokureur, sal saam gaan en hy ken die wette en hy sal die storie kan losmaak.
Maseru |
Maar nee, sê ek. Hy is my vriend. Hy sal niks vra nie, ons moet net die hotelkoste dra en hy ry saam in die Peugeot 404.
Nee, dit klink beter, gaan dan maar.
Maar nee, sê ek. My vrou moet kan saamgaan want sy moet help. Marieta het destyds saam met my by Die Vaderland gewerk.
Jô, sê hulle, goed, sy kan saamgaan. En daar skiet ons die Donderdagmiddag Maseru toe.
Marieta Roos |
Ons boek die aand by die hotel in Maseru in en geniet dit. Die volgende oggend is ek en ons prokureur-vriend na die regskantore en hy praat regstaal en daar kry ons die storie. Hulle gee ons getalle en name van prokureurs wat in Lesotho geregistreer het en sodoende ge-opende deure na die Statebond gekry het.
Wat ons gekry het, was dat daar baie Afrikaanse vanne onder die prokureurs was en dat hulle in golwe gaan registreer het.
Ons stap terug hotel toe en koop elkeen 'n seroet, die Basoetoe grashoed, en so loop ons in die strate. Dit was natuurlik te laat om terug te ry en ons geniet die aand.
Sondag is ons terug en ek skryf die storie en Maandagoggend is dit op die nuusredakteur se tafel. Die bang prokureurs het vir ons toe die heerlike naweek in die buiteland besorg.