Die vyfde en laaste aflewering in PEET SIMONIS se reeks oor sy ervarings terwyl hy in die jare sewentig ‘n reeks oor geloofsgenesings vir Die Transvaler geskryf het.PEET skryf: Die storie van medikus dr Willem Gauché (vorige storie), dat hy self gesien het hoe ‘n polio-slagoffer se aangetaste been uitgroei tot dieselfde lengte as die ander normale been en hoe dit hom verander het van iemand wat nie eintlik geglo het in God nie tot ‘n gelowige, het destyds opspraak verwek en nog meer mense laat stroom na Dan Bosman se genesingsdienste.






































