
Saam op die bus was Jan Brits, ‘n nuusredakteur van Die Transvaler in die jare her. Weet iemand dalk wat van hom geword het?

In die eerste geval is ‘n redelik onervare verslaggewer deur DT Rustenburg toe gestuur om ‘n onderhoud met die plaaslike volksraadslid te voer oor die pas verhoogde aksynsbelasting op tabakprodukte. Die distrik Rustenburg was ‘n vername tabakproduserende gebied en DT wou weet wat die uitwerking van die verhoogde belasting op die gemeenskap sou wees. Die aksynsbelasting is destyds ook nie jaarliks verhoog soos die geval deesdae is nie.

Toe die druk verwerk is en die hoofsub oor sake kon nadink, is die verslaggewer ontbied.
“Hoe is dit moontlik dat daar nie ‘n storie is nie?” wou die hoofsub weet. “Jy het dan ‘n afspraak met die LV gehad.”
“Ja,” was die antwoord, “maar hy kon dit nie nakom nie. Hy was in die hospitaal ná ‘n skietongeluk.”


‘n Beampte het hom meegedeel dat daar ‘n vertoning van Jupiter op die program was.
“Is dit ‘n dolfyn of ‘n pikkewyn?” wou die verslaggewer weet.