Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

14.2.14

† Sandra Burger oorlede

Gerhard en Sandra Burger.  
(Foto: 'n Ruk terug geneem deur Herman le Roux.)
GERHARD BURGER, gewese redakteur van Transvaler, se vrou, Sandra, is vanoggend ná ‘n lang siekbed aan kanker oorlede.

Hulle woon die afgelope klompie jare in Port Elizabeth. Sandra was 67 jaar oud. Sy en Gerhard was 45 jaar getroud.

Die egpaar het twee dogters, Louise Burger, wat in Johannesburg woon en Adele Londt in Australië, wat twee kinders, Jarred en Amber, het.

Die begrafnisreëlings sal later bekendgemaak word.