Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

21.2.14

Jan was professor in Amerika

JAKKIE GROENEWALD skryf: Piet Ebersöhn vra wat van Jan Brits, voormalige nuusredakteur van Die Transvaler, geword het. Ek het hom jare gelede leer ken (laat 1970’s toe hy by Mining News gewerk het). Daarna het hy baie rondgeskuif.

Eendag, sowat 15 jaar gelede, toe ek aan die Johannesburgse Stadskouburg verbonde was, het ek hom weer raakgeloop en toe was hy ’n “professor” in die joernalistiek aan die een of ander Amerikaanse universiteit.