Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

5.2.14

Ivanoff-spotprente dalk heelwat werd

WERNER VAN DYK van Meyerton, Gauteng skryf: Ek het per toeval op julle blad afgekom en die storie van Victor Ivanoff (links) se spotprente gelees en glo dit of nie, maar ek het so 'n week gelede vyf van daai oorspronklike tekeninge gekoop.

Ek is nogal erg oor Africana en koop en verkoop gereeld items van dié aard en ander oudhede. 'n Vriend het onlangs by my aangekom met 'n klompie baie mooi Africana, onder meer spotprente van Victor. 

By nadere ondersoek het ek vasgestel dit is gewis met 'n oorspronklike swart pen geteken. Hulle handel oor die wêreldpolitiek van die 1960's. Ek het al voorheen items van Victor gehad met sy naam op, maar dit was nie sy oorspronklik werk nie.

Hieronder is die ses spotprente wat Werner gekoop het.

Volgens Werner is 'n oorspronklike, goedbewaarde Ivanoff-spotprent deesdae tussen R1 500 en R2 000 werd. Hy sê:  "dit kan dalk meer wees, want daar gaan nooit weer van hulle geproduseer word.  Dit is soos 'n skildery:  daar is net een oorspronklike van (in hierdie geval) 'n befaamde spotprentkunstenaar wat uitdrukking aan 'n bepaalde saak gee".