Ek het op ‘n Saterdagaand (die laaste Saterdag van Maart) by Rapport klaargemaak en was Maandag in die vliegtuig op pad Windhoek toe, my
kar op die trein op pad Windhoek toe en die paar goed wat ek besit het, in ‘n treklorrie op pad Windhoek toe.
Windhoek |
se middedorp en my kollegas, buro-ouens van ander Suid-Afrikaanse koerante, daar te gaan soek. Ek was toe nie meer ‘n groentjie in die joernalistiek nie en het ‘n goeie idee gehad van hoe dinge werk en waarvoor om op te let.
Só stap ek toe ‘n dag of wat ná my aankoms, volgens instruksie, af midde-dorp toe. Central Cafe is steeds op dieselfde plek in ‘n deurloop in sentraal Windhoek. Ek het die mense wat ek kom ontmoet, nog nooit gesien nie. Maar ek sien die groep mans by ‘n buitetafel dadelik raak en stap soontoe. “Is julle joernaliste?” vra ek. Almal knik instemmend, heeltemal uit die veld geslaan, want hulle ken my ook van g’n kant nie.
Harald Pakendorf |
Perskor het die Windhoekkantoor in Oktober 1983 gesluit. Harald Pakendorf het my een oggend by my huis op Okahandja gebel en gesê: “As jy rook, steek ‘n sigaret aan en gaan sit op ‘n stoel”. (Ek het nie gerook nie en het bly staan.) Dit was die einde van die Windhoekkantoor en my loopbaan by Perskor. En waarskynlik ook deel van die begin van die einde van Perskor.