Soek iets? Tik 'n woord(e) hieronder en kry al die berigte waarin dié woord(e) voorkom.

17.2.14

Fotodag 20: Bekende rugkante

Junie 1970
Twee van die bekendste rugkante in die land! Links stap die groot haan van die  Afrikaanse Pers Beperk en regs die klein kapokhaantjie van die wêreld se gholfbane.

Natuurlik mnr. Marius Jooste en Gary Player. Gary was dié dag, gedurende 'n toernooi op Randpark, so reg op sy stukke, maar -- glo dit as jy wil - die APB se speler het met die toernooi weggestap. Prys? Twee gholfballe. (Berig en
foto: Wessel Oosthuizen.)

Marius Jooste en Gary Player