
Ou Gerhard was nogal kranig met kitaar in die hand en het ‘n heel
skaflike singstem gehad. En ek is seker hy het dit vandag nog. Marlou bly hier op Cullinan en is ‘n vriendin van my vrou, Angie. Marlou sê Gerhard woon in Midrand en dit was met ‘n kuierslag by haar dat hy deur Die Bronberger blaai en toe wonder of ek hom nog sal onthou. Natuurlik sal ek, knaphandige kuiergat wat hy was.
Die foto is op Thabazimbi se wildfees geneem, een aand (vroegmore) lank ná die wildfees se amptelike verrigtinge tot ‘n einde gekom het.
‘n Skoonmaker is die sanger, Gerhard speel kitaar en die uwe doen sy dansding.